{ARGIEF}

Month: April 2009

Moet haar dan nie verhinder nie…

Cas, ek stem heelhartig met jou saam. Hierdie aspek, wat jy treffend uitbeeld, is seker die een wat meeste van ons besinning die afgelope twee jaar hier in die PhD program oor missional gemeentes in beslag geneem het. En ek dink wat jy en Frederick met die liturgie in...

read more

Persentasies, getalle en vertroue

Die afgelope tyd het getalle `n groot rol in die gemoed van baie Suid-Afrikaners gespeel. In `n verkiesing gaan dit immers oor getalle en persentasies. Die uitslae het `n invloed op mense. Die mistroostige brief in `n Sondagkoerant die naweek, van `n leser wat gemeen...

read more

Barack Obama en Helen Zille

Die verkiesing in Suid-Afrika het gekom en gegaan en daar sal seker nog lank nabetragting gehou word oor die implikasies van alles wat gebeur het. Vergun my twee kort stukkies kommentaar. Nadat Obama as die eerste swart (ja, kom ons vergeet vir die oomblik maar hoe...

read more

Tweede Gedagtes: Hand 4:5-12

Sondag 3 Mei 2009 - Arbeidsondag Ons sit Christus se werk as Profeet, Priester en Koning in ons werk voort Werk neem ’n belangrike plek in ons lewens in. Dit neem ’n groot gedeelte van ons wakker-ure in beslag. Dit wat ons verdien deur ons werk, bepaal watter soort...

read more

Moet haar dan nie verhinder nie…

Frederick, dankie hiervoor, ek wil net beaam. Van Paul se voordrag af dink ek ook heel anders oor die sogenaamde ‘dubbele beweging’. In 1998 het Gerrit Immink die begrip in die boek De weg van de liturgie bekend gemaak met ‘n hoofstuk oor hierdie dinamika wat eie is...

read more

Via die Gebrokenes

So 'n dertigtal Suid-Afrikaners het Saterdagaand hier in Minneapolis (Minnesota, VSA) bymekaar gekom om Vryheidsdag en die vierde demokratiese verkiesing te vier.  Dit was 'n heeltemal ander groep landsgenote as die wat ek al hier in pubs raakgeloop het tydens die...

read more

Wanneer Liturgie na ons toe kom!

Cas Wepener het onlang by Communitas ‘n baie interessante oggend oor Liturgie gereël. Prof Paul Post van die Universiteit van Tilburg. Hy is bekend vir sy navorsing in liturgie en spesifiek vir die onderskeid tussen die liturgie wat van die kerk uitgaan en die...

read more

Wanneer Liturgie na ons toe kom!

Cas Wepener het onlang by Communitas ‘n baie interessante oggend oor Liturgie gereël. Prof Paul Post van die Universiteit van Tilburg was die spreker. Hy is bekend vir sy navorsing in liturgie en spesifiek vir die onderskeid tussen die liturgie wat van die kerk uitgaan en die litrugie wat na die kerk toe kom!  Hy stel dit self soos volg:

My research concerns rituals, more specific the following areas: modern devotion: research into developments in contemporary ritual setting with a view to the inculturation of Christian liturgical rituals. Special attention is paid to emerging rituals (silent marches, roadside shrines,…). (http://www.uvt.nl/webwijs/show/?uid=p.g.j.post)

In sy voorlegging die oggend by Communitas het hy gekonsentreer op die liturgie wat die gemeentskap spontaan skep en die interaksie met christelike liturgie. Ek moet sê ek dit het my begrip van liturgie verruim. Vir my was liturgie nog altyd iets wat die gemeente (meestal maar die dominee) skep en waarheen die gemeente genooi word om aan deel te neem. Paul Post het vir my ‚n venster oopgemaak wat ek dink baie belangrik is in die uitleef van ons gestuurde roeping as gemeentes. As ons litrugie, inbegrepe eredienste missionêr of as publieke gebeure wil verstaan kan hierdie prespektief ons baie help. Lois Barret beskryf Gestuurde of missional liturgie as ‘n publieke gebeure waar die gemeente saam met die gemeenskap genooides is. Hoewel prof Post sy argument nie direk koppel aan missionere teologie nie, is die verband vir my voor die hand liggend. Ek dink Paul Post gee aan ons met sy onderskeiding ‚n baie beter alternatief as wat ons Liturgiese handboek voorstel nl dat ons in missionere eredienste aan uitreike kans moet gee om te vertel hoe die gemeente in die gemeenskap uitreik nie.

Ek kon nie help as om terug te dink aan die verhaal wat prof Bethal vertel het van die Sente-vir-Sending-bussies in Moederkerk Stellenbosch nie.  Jaar na jaar is daar gerapporteer dat daar geen allementasie gevalle(arm mense wat die gemeente finansieel moet ondersteun)  in die gemeente is nie. In daardie tyd het die bergies (`n kaapse naam vir straatmense) by die kerk ingebreek en die Sente-vir-Sending bussies gesteel! Prof Bethal het altyd met die vertel van die verhaal gegiggel oor die blindheid van die gemeente vir die armoede in haar midde en die wyse waarop die Bergies sommer self die saak reggestel het! Inderdaad litrugie wat na die gemeente gekom het.

read more

Waar en by wie leer gemeentes as hulle vasgeloop is?

Jy is ‘n kerkraadslid (of gemeentedominee), dit gaan moeilik in die gemeente, oor 'n tyd al raak julle antwoorde en julle hoop minder. Gemeentelede kyk na julle as kerkraad vir antwoorde.  Julle het al verskeie "bekende“ antwoorde probeer soos:  • meer kommunikasie...

read more