{ARGIEF}

Month: October 2009

RYKDOM, ARMOEDE EN GELOOF IN AFRIKA

Twee weke gelede het `n paar moderatuurslede van die VGK, NGK en RCA, kollegas van die Nkhoma- en Blantyre-sinodes , asook die IRM  te Milanje in Mosambiek besoek. Ook gemeentes in die diep platteland is besoek. `n Paar onuitwisbare indrukke het vasgesteek. Predikante...

read more

Moet Christene ook die Joodse (Bybelse) feeste van die Ou Testament vier? Feeste 1

Feesvieringe (1)

Moet Christene ook die Joodse (Bybelse) feeste van die Ou Testament vier?

Feeste is een van die kenmerke van religieuse mense. Regoor die spektrum van godsdienste en gelowe vier mense religieuse feeste. Van die vroegste dae af is feeste en rituele deel van menslike spiritualiteit. Dit vorm ʼn integrale deel van alle godsdienste se spirituele identiteit.
Watter feeste behoort Christene te vier? En moet Christene ook die Joodse feeste van die Ou Testament vier? Dit is enkele vrae waaroor daar net so baie menings as feeste is. In hierdie eerste artikel (1) gaan ek probeer om eers te verduidelik watter feeste Jode gevier het en die relevansie daarvan vir Christene.  ʼn Volgende artikel sal spesifiek oor Christelike feeste handel.

1. Feeste in die Ou Testament

Vanaf die vroegste tyd is die Joodse jaar gekenmerk deur groot feeste – die “feeste van die Here”. Sommige feeste is gereël om saam te val met die wisseling van die seisoene, om die volk te herinner dat God voortdurend vir hulle sorg en om hulle ’n geleentheid te bied om aan God hul dankbaarheid te betoon.     Tydens ander feeste is groot gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel gedenk, die geleenthede toe God op ’n onmiskenbare wyse ingetree het om sy volk te verlos. Al die feeste was geleenthede van heelhartige vreugde en genieting van God se goeie gawes en terselfdertyd plegtige byeenkomste om sy vergewing en reiniging te vra. Dit is opmerklik dat die getal 7 dikwels in al die feeste voorkom. Feeste was deel van die Joodse spiritualiteit. Dit was feeste wat die Tora (Die eerste 5 boeke van Moses)  hulle beveel het om te onderhou (Lev. 23; Num.28; Deut. 16).

Joodse Feeste:

1.Sabbat : Die sewedagsiklus in die daaglikse lewenstyl was van die antieke wêreld af  ʼn gebruik wat ook buite Israel gevolg is. Die Joodse Sabbat was egter ʼn bevel van die Tora. Hierdie opdrag was so streng dat oortreders selfs met die dood gestraf is.
Die Sabbat was die sewende dag en op hierdie dag was werk verbode en die daaglikse offers verdubbel. Hierdie viering het veral verband gehou  met die voltooiing van God se skeppingswerk (Eks. 20:11), die verlossing uit Egipte (Deut. 5:15) en die mens se behoefte aan rus en verkwikking (Eks 23:12). Ná die ballingskap is die reëls in verband met die Sabbat streng toegepas (Neh. 13:15-22), en die nakoming daarvan het een van die uitstaande kenmerke van die Judaïsme geword. Die streng beskouing van die Sabbat het aanleiding gegee tot baie ander wette rondom die Sabbat. Daar word tot 39 hoofsoorte werksaamhede op die Sabbat verbied. Die “Sjabbat” was  nie net ʼn weeklikse feesdag nie, maar al die heilige feeste moes op dieselfde manier as die “Sjabbat” ingerig word.

 

read more

Verder Geluister: Hebreërs 9:11-14

Sondag 1 November 2009 - Hebreërs 9:11-14  Daar is tye wat ‘n mens net so moeg is van kerk hou as die gemeente vir wie die Hebreërbrief geskryf is. Moeg vir die kerkdienste waar goed maar al te dikwels skeef loop; waar die preek te lank óf te oninteressant óf vol van...

read more

Pieter van Niekerk

Pieter van Niekerk is ‘n plattelandse entrepreneur dominee en voetsoolteoloog. Hy is vir twee dekades lank reeds by armoede bestryding betrokke. Hy het sy doktorsgraad onder leiding van prof Dirkie Smit verwerf. Hy het ‘n studiebeurs ontvang en vir drie maande aan die...

read more

Vennootskap aanbieders opgelei in Oos-Kaap

Daar is die afgelope week 7 nuwe aanbieders vir die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes opgelei in Port Elizabeth. Danie Mouton is die streeksleier van die Vennootskap in die Oos-Kaap.  Die groep is vlnr Barnard Steyn, Felix Meylnad, Willie de Koker, Danie Mouton,...

read more

Kultuurtransformasie van gemeentes (VBo 18)

In aanloop na die kursus – kultuurtransformasie van gemeentes – het ek, grappenderwys vir my vrou gesê: "Kan jy glo daar is steeds mense wat dink hulle kan my iets leer?". Sy het met ‘n skalks glimlag opgemerk: "Daar skuil altyd ‘n bietjie waarheid in jou grappies"....

read more

Hoe skep leiers ‘n kultuur van vertroue?

In 'n kultuur van vertroue gebeur alles vinniger. In 'n kultuur van wantroue is daar agterdog, moet oor alles weer gepraat word, die verlede word kort-kort afgestof, en die toekoms is onseker. As daar een aspek van leierskap is waaraan tans hard gewerk moet word, is...

read more

Verder Geluister: Markus 10:46-52

Sondag 25 Oktober 2009 - Markus 10:46-52 Anton Mocke wat die preekstudie van komende Sondag in “Preekstudies met liturgiese voorstelle” uitgewerk het, wys daarop dat daar in die Markus-evangelie twee verhale van 'n blinde wat genees word (Mark 8:22-26 en Mark...

read more