{ARGIEF}

Month: December 2009

Advent verhaal van Hoop 9: Die Gees bou brue

Sommer net 'n goeie gestuurde storie !Ons het vanuit verskeie kante gehoor  dat ons en ons gemeente se vennoot by Hetherdale(VGK) 'n meer aktiewe vennootskap moet vorm. Ons het begin  werk aan 'n vennootskap en het daaroor begin nadink Ons stranddiensspan wat elke...

read more

Eerbare leierskap in 2010

Psalm 72

Op Sondag 3 Januarie 2010 vier ons ‘n besonderse fees in die kerk.  Dit is Epifanie.

Vir ons wat in die Gereformeerde tradisie van Calvyn-hulle staan, is dit dalk ‘n bietjie van ‘n vreemde fees.  Wat het die Roomse nou weer uitgedink? sal ‘n paar mense vra.

Eintlik het dit tyd geword dat Christene mekaar se feeste deel.  Maar nietemin kan ons rustig wees dat die Epifanie ‘n baie ou fees is, wat al vanaf die vierde eeu deur Christene gevier is.  Dis nie iets wat die Roomse Kerk in die middeleeue uitgedink het nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie na die Epifanie-fees en hoe dit in die kerklike jaar inpas.

Ons is vandag geneig om die tyd voor Kersfees te gebruik om vrolik te wees.  Ons wag Christus se koms feesvierend af, sing Kersliedere en hou Kerssangdienste.  Kom Kersfees, dan deel ons presente uit, gaan kerk toe en eet ‘n lieflike ete saam.  Ons vier God se menswording en onthou ons familie en vriende, mense wat vir ons dierbaar is.  En dis goed so, dat ons Kersfees so vier.

Maar eeue gelede het Christene hierdie tyd anders gevier, en miljoene Christene doen dit nog steeds anders.  Hulle vier die tyd voor Kersfees – om presies te wees, die eerste vier Sondae voor Kersfees – as Advent, ‘n tyd van stilte en meditasie.  ‘n Tyd waarin Christene reflekteer oor hulle lewens en hulle verhouding met God.  Op Oukersaand bars hulle dan uit in feestelikheid – ‘n fees wat 12 dae duur, tot 5 Januarie.  Hierdie is die 12 dae van Kersfees, wat dan duur van Oukersaand tot 5 Januarie, met die Epifanie-fees op 6 Januarie.  Die Epifanie-fees vier God se verskyning op aarde.  Dis wat Epifanie beteken:  “Verskyning”.

In die ou dae het die priester op Epifanie ook die datum aangekondig waarop Paasfees daardie jaar sou plaasvind.  Dis vandag nie meer nodig nie, want op Google kan ‘n mens sommer vir die volgende hoeveel jaar sien op watter dae Paasfees gaan val.

In 2010 vier ons Epifanie op 3 Januarie, die naaste Sondag aan 6 Januarie.  Kom ons gebruik vandag, hierdie Sondag, om die twee dinge te doen wat al vir eeue op die Epifanie-fees gedoen is.  Aan die een kant, kom ons kyk terug na Kersfees, na die verskyning van God as mens, wat 12 (of eintlik 10) dae gelede gevier is.  Aan die ander kant, kom ons kyk vooruit na Paasfees, na die sterwe en opstanding van Christus, wat ons vanjaar gedurende die eerste naweek van April gaan vier.  Ja, oor presies drie maande, van 2 tot 4 April, is dit Paasnaweek.

Maar wat het dit nou alles met Psalm 72 te doen?  Psalm 72 is vir eeue, en vandag nog, op Epifanie-Sondag gelees.  Want met Psalm 72 kan/kon teruggekyk word op die regverdige koning wat op Kersfees gebore is, én daar kan vooruitgekyk word na die Een wat met Paasfees sou sterf en opstaan vir hulle wat onvry is en onregverdig behandel word.

read more

Florerende Gemeentes

Dis weer die tyd van die jaar om mekaar seen en voorspoed toe te wens.  Ek wonder dikwels wat seen en voorspoed ten diepste vir mense beteken?  Hoe lyk die lewe wanneer mense dink hulle floreer?  Ek wonder dit veral ook oor gemeentes wanneer ek dikwels hoor hoe gemeenteleiers en gemeentelede praat as hulle terug kyk op die afgelope jaar en hulle wense uitspreek vir die komende jaar.  Wat is die kriteria vir florerende gemeentes?  Was dit ‘n goeie jaar omdat ons erediensgetalle gegroei het?  Is ons tevrede met 2009 omdat mense se bydraes darem ten minste konstant gebly het ten spyte van moeilike ekonomiese toestande?  Is ons tevrede weens die beduidende energie vir ‘n hele aantal kern gemeentebedieninge?  Wat is die onderliggende aannames van ons wense en gebede vir ons gemeente in 2010?

Miroslav Volf het so amper twee maande gelede ‘n inspirerende praatjie gelewer by ‘n jaarlikse missional church konferensie van Luther Seminary wat ek hier in St. Paul (Minnesota) bygewoon het.  Sy titel was God, Hope, and Human Flourishing. Eers begin hy in sy praatjie met Jurgen Moltmann se onderskeiding tussen optimisme en hoop. Moltmann se futurum (optimisme) is wanneer “we survey the past and the present, extrapolate about what is likely to happen in the future, and, if the prospects are good, become optimistic.”  Maar, “hope, on the other hand, has to do with good things in the future that come to us from outside, from God; the future associated with hope – Moltmann calls it adventus – is a gift of something new.  Hoop is die fokus op God wat belowe om nuwe dinge vanuit die toekoms in ons midde te doen.

Volf gaan dan voort om ‘n baie insiggewende beskrywing te gee van die hedendaagse Westernse verstaan van human flourishing.  Hy toon veral aan hoedat hierdie verstaan sover gekom het om florering te definieer as satisfaksie of bevrediging:  “that a flourishing human life is an experientially satisfying human life.”  Dit beteken, “No satisfaction, no flourishing. Sources of satisfaction may vary, ranging from appreciation of classical music to the use of drugs, from the delights of haute cuisine to the pleasures of sadomasochistic sex, from sports to religion. What matters is not the source of satisfaction but the fact of it. What justifies an activity or a given life-style or activity is the satisfaction it generates. And when they experience satisfaction, people feel that they flourish.”

read more

En toe sê Skip haar met ‘n SMS af. (Moet die Kerk en Rapport saamwoon)

Die een probleem van buite Suid-Afrika bly, is dat jy die kerknuus in ‘n baie gedistilleerde (verwronge?) vorm kry. Gewoonlik word kerknuus verskraal tot ‘n opskrif in Rapport of dalk, vir die ingewydes, ‘n opskrif in die Kerkbode.

In “NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat” (Rapport, 28/11/2009), word die “finale” besluit aan ons oorgedra. Die opskrif spook met my waar ek besig is met máándelange pastorale gesprekke met pare wat saambly en tog besig is om meer erns met die Here maak. Hulle worstel met die verhouding tussen hulle en God en saamwoon. In my spreekkamer worstel, huil en lag ons saam oor die realiteite van hulle lewens. Hulle begin God se wil ontdek, hulle sien God se hart vir die huwelik, die vrou se behoefte aan commitment, die man se liefde vir sy meisie.

Tog hang “Die evangelie volgens Rapport” swaar oor ons gesprek.

read more

Verder Geluister: Miga 5:2-5a

LET WEL: 25 en 27 Des sal daar geen aktualisering van fokustekste wees nie.

Vierde Adventsondag – 20 Desember 2009: Miga 5:2-5a

Miga se droom van welwese en heel-wees word in Christus sigbaar en deur ons voortgesit Vierde Adventsondag – 20 Desember 2009 Ek het ’n paar aanvullende gedagtes op Natie Philander se besondere preekstudie van Miga 5:2-5a vir Sondag 20 Desember 2009: Dirkie Smit skryf in Geestelike waardes (Die Burger 12/12) Kersfees vir eensames – wáár ook al? onder andere die volgende: … Vir gelowiges, sê hy (Dietrich Bonhoeffer), is daar eintlik niks vreemds aan ’n eensame Kersfees nie. Trouens, hy dink dat dit selfs méér betekenis mag hê as op plekke waar nog net die naam oorbly! Immers, dat ellende, lyding, armoede, hulpeloosheid en skuld veel anders lyk vir God as vir óns, dat God indaal presies in dié omstandighede wat ons vrees en wil vermy, dat Christus in ’n stal gebore word – dit alles vir ander?

Die ellende, lyding, armoede, hulpeloosheid lyk inderdaad vir ons anders. Marida Fitzpatrick skryf in Monduitspoel (By 5/12) Kleinsus is óók die bliksem in “Iets is fout. Iets is ernstig fout. En dit wás fout lank voordat Boetman selfmoord gepleeg het. Sy skryf as Louw se selfmoord ons tot besinning moet ruk, dan weet sy nie waar ons was nie. Ons behoort elke dag by elke verkeerslig tot besinning geruk te word, nie deur geweld en barbaarsheid nie, maar deur ellende, armoede, desperaatheid – mense wat nie selfmoord gepleeg het nie, maar ook, soos Louw, “geknak het voor die wanhoop”. “Ons ry elke dag verby die grootste denkbare ellende, ons lees van mense wat so honger is dat hulle dierekarkasse van vullishope af eet, en dan is ons baie verbaas en verontwaardig as iemand kom vat wat ons het en hulle nie het nie …”

read more

Tug Newsletter December 09

December 2009 #7

The World Cup draw has now been conducted, the first round fixtures have been announced and the excitement is certainly building up!

This is the time for us as the body of Christ to also increase our dependence on the Lord and seek His strength and spirit to guide us as we conclude 2009 and enter the World Cup year. It is a year we believe that the Gospel will be spread in an amazing way!

read more

Gemeentekultuur unpacked

Ek moes hierdie afgelope 6 maande heelwat lees oor kultuur in gemeentes en moes saam met Leon Venter 'n kursus hieroor doen waar ek baie geleer het. Ek  het tot ‘n paar ontdekkings (sommige bekerings) gekom hieroor.  Anders gelees probeer ek maar eintlik sê dat ek in...

read more

Boeke wat dié jaar beïndruk het

Ons het 'n paar gereelde bydraers en lesers van Communitas gevra om 'n lysie te maak van die boeke wat hulle dié jaar die meeste beïndruk het.  Sommige van die boeke het ook skakels na opsommings/resensies van die boeke. Marius Nel Schnelle, U - Apostle Paul - goeie...

read more