{ARGIEF}

Month: March 2010

Verder geluister – Paasfees – Handelinge 10:34-43

Dis Paasfees. God het deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin. God stel sy volk in staat om te leef in nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede bring (Belydenis van Belhar).

Liturgiese simbool – ‘n laken wat jou na die kleed waarin Jesus se liggaam toegedraai is en die groot doek met rein en onrein diere in die visioen van Petrus herinner.

Christene tref nie onderskeid tussen swart en wit mense nie

Petrus wat ‘n pad saam met Jesus gestap het; een van die eerstes wat Jesus as Messias erken het; het steeds nie begryp dat Jesus se lewe en bediening ruimte vir almal maak nie. Hy wat die opgestane Jesus gesien en op Pinksterdag die Gees as gawe ontvang het, het nog nie die nuwe geslag mense waaraan hy behoort aanvaar nie. Eintlik was hy bietjie van ‘n rassis. God het nie tyd vir rassisme nie. Petrus sluk swaar hieraan. Hy moet nog hiervan bevry word. Eers, na alles wat die afgelope paar dae (in Handelinge 10:1-33) met hom gebeur het, roep hy uit: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie sekere mense bo ander voortrek nie” (vers 34 NLV). Die evangelie maak jou vry.

read more

OORLAAIDE OUERS ERVAAR SPANNING

  Tydens ‘n onlangse kursus het ek weer daarvan bewus geword dat dit vir ouers voel asof hulle hulself in duisend stukkies moet verdeel om al hulle pligte na te kom. Dit bring spanning mee. Toe ek baie jare gelede ‘n kind was, het ek skool toe en terug gestap en...

read more

Kan jy nog verras word?

Coenie Burger het jare terug vertel van sy seun wat op daardie stadium voor laerskool was wat met ‘n maat in die voortuin onder sy studeerkamer venster speel en vir sy maat vra of hy weet hoe wonderlik die Here is? Hoe so, vra die maat: “Wel”, antwoord Roelof terwyl hy sy vingers klap, “Die Here klap net sy vingers en dan staan daar ‘n Ford-kar!”

Ons lag almal vandag oor die naiwiteit van ‘n jong seun wat hom so kan verwonder oor die wonderlikheid van die Here. Ek het weer daaraan gedink toe ek onlangs Tom Wright se boek Surprised by Hope gelees het. (SPCK 2007) In detail behandel hy eers velerlei van die hedendaagse skeptiese argumente wat dit moeilik vind om die liggaamlike opstanding van Christus te aanvaar. Onder andere is die vraag of die opstanding nie maar projeksie van die evangelieskrywers en dissiples was nie. Hy dink nie so nie, want , sê Tom Wright, die liggaamlike opstanding van Jesus is so vreemd aan die Judese tradisie dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die dissiples dit hulle dit sou kon verbeel. Meer waarskynlik is dat hulle geheel en al deur God verras is deur ‘n totaal onverwagse bonatuurlike ingrepe van God self. Ek wil nie skryf oor die vraagstuk van dieopstandings nie, dit gaan vir my oor die vraag of ons nog verras kan word. Dit gaan oor hoe ons oor God dink en oor ‘n diepliggende houding van skeptisisme in ons watons geslote maak vir die onverwagse hoop van God.

read more

Helder antwoorde in komplekse situasies?

Die Evangelie van Jesus Christus hanteer dikwels oënskynlike teenstrydighede, of te wel paradokse.  Na hierdie kernbeginsel het ons reeds voorheen verwys. In `n wêreld van groeiende kompleksiteit is dit `n kosbare geskenk. In `n land soos Suid-Afrika, kan ons nie...

read more

Wandel in die Woord – elektroniese produk

Wandel in die Woord – elektroniese produk

Wandel in die Woord het een van die kragtigste geloofsonderskeidende instrumente geword wat wyd deur gemeentes gebruik word. Dr Pat Taylor-Ellison van Church Innovations St Paul Minnesota wat die metodiek aanvanklik ontwikkel het vir die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes het nou oor die metodiek hiervan ‘n boek geskryf wat deur dr Gideon Kok van Mondeor vir SAVGG vertaal is in Afrikaans. Die boek kan in ‘n elektorniese formaat gekoop word @ R30,00. Stuur ‘n epos aan Sharon of kontak haar by 021-808 3381 om die betaling en versending van die boek te finaliseer.
read more

‘n Paasgebed

  Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !   Here dankie dat ek vry is.   U was gevange en U is vry, en ek is saam met U vry van alle benouing...

read more

Demografiese skuiwe maak ‘n impak op gemeentes

Oorgeneem uit Danie se Blog Reisgeselskap Hoe gemaak as ‘n gemeente baie klein word, met geen tradisionele voedingsbronne meer nie? Dink aan die klein Lutherse gemeentes in die Grensgebied (in die omgewing van Oos-Londen, Oos-Kaap). Hulle is die geestelike nasate van...

read more

Heartlines: Sermons on 8 Values and Nehemiah

Short background information with regards to the Heartlines series “Hopeville” which is scheduled to be broadcasted on Tuesdays 19:30 SABC 2, is now available. As well as a couple of sermon sketches on 8 possible values which we think are going to be carried in this...

read more