{ARGIEF}

Month: August 2010

Verder geluister: Lukas 14:25-33

Jou band met Jesus het baie met jou houding teenoor jouself, mense en dinge te make.

‘n Kritiese kyk na patriargie.

Jesus se skerp uitspraak in Lukas 14:26 :”…as iemand na My toe wil kom, kan hy nie My dissipel wees tensy hy bereid is om afstand te doen van sy vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters nie” klink so “onchristelik”. Dit toon ‘n duidelike anti-familiale ingesteldheid, wat by ander uitsprake van Jesus aansluit: “‘n dissipel van Jesus impliseer haat teenoor sy eie familie” (Matteus 10:37-38); “niemand wat ‘n huis, broer of suster, vader of moeder, vrou of kind ter wille van Jesus verlaat het, is nie daarvoor beloon nie” (Lukas 18:29-30); “Jesus se familie is nie sy moeder en broers nie, maar hulle wat die wil van die Vader doen” (Lukas 8:20-21); “Jesus het nie gekom om vrede te bring nie, maar om families te verdeel” (Luk 12:51-53); en vir “diegene wat Jesus volg, is daar nie tyd om eers ‘n vader te gaan begrawe en Jesus dan te kom volg nie” (Luk 9:57-60).

Sou Jesus so onsensitief teenoor Sy volgelinge se geliefdes en naasbestaandes wees? Sjoe, néé ek kan my nie indink dit was Jesus se bedoeling nie! Ons behoort die sosio-histories en godsdienstig-kulturele konteks (leef situasie) waarin die uitspraak gemaak is, in ag te neem. Die patriargale sisteem van die eerste eeu – ‘n sisteem waar vroue besittings in ‘n man se wêreld was en die mag van die man as normaal beskou is, het tot die marginalisering van vroue en kinders gelei. Jesus kom in opstand, nie teen die familie per se nie, maar die patriargale sisteem wat ‘n bepaalde verstaan van die gesin in stand hou. Jesus se “nuwe familie” funksioneer op ander beginsels. Hy is nie-seksisties en anti hiërargies. Daarom sal die vorige “familie” (patriargale sisteem) versaak moet word om deel van die nuwe familie te kan word en Jesus te volg (lees Ernest van Eck, Een teks – meerdere betekenisse: Hoe lees ons die Bybel? Herv. teol. stud. v.64 n.3 Pretoria jul./set. 2008).

read more

Dissipelskap

TERUGVOER VAN TEMAGESPREKKE   Tema: Dissipelskap (Fasiliteerder: Robert Knobel) Vrae tov die tema: Watter stof is daar? Watter metodiek kan gebruik word? Watter rol speel die predikant? Wat is dissipelskap? Definieer.  Storie(s) wat help tov die tema (indien...

read more

Gesprek oor Rentmeesterskap en bewaring

TERUGVOER VAN TEMAGESPREKKE   Tema: Groen (Fasiliteerder: Schalk Kotzé)   Vrae tov die tema: Dink ons dieselfde oor die groen aarde? Drukgroepe kom nie uit die kerk nie – hoekom nie? Wat van die kerklike tradisie wat sing: Hoe skoon die aarde, dit het MIN...

read more

Nuwe lidmate uit die Garcia-woonstelle

Danie Mouton skryf op sy Blog www.reisgeselskap.co.za van nuwe lidmate wat by NG Kerk Cambridge, 'n gemeente in Oos-London aansluit.   Die Garcia sub-ekonomiese munisipale woonstelle is nie die soort plek waar mens graag wil bly nie.  ’n Hele katologus van...

read more

Sondag 29 Augustus Sommer net…

Moenie die “wêreld” probeer bereik nie. Maak seker dat jy die mense wat jy wel bereik so goed as moontlik inspireer. Al is dit `n klein groepie. Waardeer hulle. Respekteer hulle. Geniet hulle. Maak die “wêreld” vir hulle so goed en lekker as moontlik… en stukkie vir...

read more

Is Roeping kennis of ‘n nuwe leefstyl?

  Brain Mclaren vertel van 'n geprek met Peter Senge - die ghoeroe van sisteemdinke- oor wat nou vir predikante belangrik sou wees. Senge vertel dat hy vir 'n bestuurder van 'n boekwinkel vra wat vandag die topverkopres is. Hoe om geld te maak is en was nog altyd in...

read more

Maandag 23 Augustus `n Begrafnis en Khayelitsha

Vanoggend het ek `n begrafnis bygewoon en skielik gewonder hoekom ons eers wil wag tot ons dood is voordat ons regtig regtig intiem met God saamleef. Kan ons dit nie maar meer en meer beleef terwyl ons leef nie? Ek dink dit is moontlik. Ek dink God wil dit ook hê. Ons...

read more