{ARGIEF}

Month: September 2010

Dinsdag 28 September – Moeg vir die kerk?

Daar is waarskynlik min mense wat al ooit werklik `n verskil in die kerk gemaak het, wat nie een of ander tyd gewonder het of hulle nie maar uit die kerk moet bedank nie. Wie is die kerk? `n Sinode, `n gemeente, `n gebou, gewone mense? Die kerk bestaan net uit gewone,...

read more

Verder Geluister: 2 Tim 1:1-14

Sondag 3 Oktober – Agtiende Sondag in Koninkrykstyd: 2 Tim 1:1-14

Ek word eenmaal deur ‘n laerskoolhoof gevra om die Maandagoggend saalopening waar te neem.  Ek kies toe hierdie teks uit 2 Tim en lê oa klem op die feit dat Paulus Timoteus aanmoedig om sy geloof uit te leef al was hy, vir daardie tyd,  relatief jonk en na alle waarskynlikheid nog nie as ‘n ‘ringkop’ geag nie.  Iewers in ‘n vertaling of kommentaar het ek gelees dat Paulus Timoteus aanmoedig om homself nie vanweë sy  jonkheid gerig te ag nie maar met moed en krag op te tree.

Na my is dit die hoof se beurt om verslag te doen van die naweek se sport.  Hy is ‘n groot rugby entoesias en duidelik teleurgesteld oor die eerste spannetjie se verloor.  Die volgende kommentaar kom toe uit:

“…julle laat die een speler (opponent) toe om aanmekaar deur te hardloop en julle hoor wat die dominee sê al is julle kleiner as hy –  julle kan hom tackle!”  (Ek het al die tong-in-die-kies verwysing na tennis in die Bybel gehoor – “David served in the court of King Saul”, maar die  eksegese van die hoof het my onkant gevang!)

Inderdaad spreek Paulus Timoteus aan om nie klein-moedig te wees nie.  Hy doen dit deur hom as gelowige te bevestig deur te verwys na sy geloofs-lyn (ma en ouma) en die genadegawe wat hy van God ontvang het (vgl 1 Tim 4:14).  Hy bemagtig Timoteus opnuut deurdat hy hom herinner aan die werking van die Heilige Gees in sy lewe.

read more

Donderdag 22 September: ARMOEDE en IDEOLOGIE

Armoede is ’n krisis en ’n ellende, maar die dilemma met armoede is dat dit soms virusse baar wat nog groter moeilikheid skep. Die voorbeelde is legio. Vandag net een. Dit gebeur dikwels dat mense met goeie bedoelings die vraagstuk probeer aanspreek en dan ’n nuwe...

read more

Communitas se webtuiste groei steeds

Communitas se webtuiste groei steeds! Daar is reeds 2683 artikels op die webtuiste, waarvan 583 preekriglyne is.  Daarbenewens is daar 406 aflaaibare dokumente en 2112 foto's gekoppel aan die artikels en nog 223 ander foto's by die Foto gallerye, gegroepeer...

read more

Verder geluister: 1 Timoteus 6:6-19

Tweede Gedagtes – 1 Timoteus 6:6-19 – 26 Sept 2010

Die Leesrooster is in ‘n Seisoen van die skepping met ‘n uiters relevante tema vir ons tyd. In die preekstudie oor die teks het die volgende my opgeval:

Ons stel meer belang in God se goed as in goed se God. Tweedens versteur ons grypsug ons verhouding met ander mense. Ons gee naderhand nie meer om op wie ons trap in ons strewe om bo uit te kom nie. Mense is selfs bereid om moord te pleeg in ruil vir persoonlike gewin. Die antwoord is: “We need to prioritize. You don’t have a material-shaped hole on the inside, you have a God-shaped hole that only He can fill.”

Die teks van die week sien geldgierigheid as die wortel van allerlei kwaad (v10) en sien die wedloop vir  geld as ‘n afdwaalpad wat ons weg van geloof lei. In die preekvoorstel word veral klem gelê op die opkoms van ‘n teologie van welvaart wat welvaart en die seën van God gelyk stel aan mekaar.

read more

Vrydag 17 September: Oor leierskap en die kerk

Die afgelope twee weke was ek met `n aantal aanbiedinge in die besigheidswêreld besig oor diversiteit en leierskap. Dit het my diep oor `n paar dinge laat dink. Ook oor die kerk en oor hoe beskerm my lewe in die kerk is. Oor hoe predikante vir die werklikheid kan...

read more

Kinders meet kragte met ouers

My kind meet kragte met my – en wen

‘n Radelose ouer vertel dat haar voorskoolse kind weier om opdragte uit te voer. Hy weier onder andere volstrek om sy speelgoed op te tel as hy klaar gespeel het. Sy gee dan vir hom ‘n keuse soos: “As jy nie jou speelgoed optel nie, kan ons nie die storie lees wat jy so graag wil hoor nie.” Hy kies dan om nie die storie te hoor nie. Dit maak nie saak wat sy probeer nie – hy hou voet by stuk en gee nie in nie.

Iemand anders vertel dat sy as klein kind geweier het om in opdrag van haar ouers vir haar boetie verskoning te vra omdat sy “lelik” was met hom. Sy is aangesê om op ‘n stoel te sit tot sy kans sien om verskoning te vra. Sy het ure op die stoel deurgebring, maar kon nie beweeg word om verskoning te vra nie.

Ouers beland onverhoeds in so ‘n “oorlog” of “magstryd” met weerstandige kinders oor hulle verantwoordelikhede en pligte. Wat ouers moet verstaan is dat hulle nie die stryd kan wen nie. Kinders het al die tyd in die wêreld om die magspel te speel en jou te toets en te beproef. Al raad is om die kind oor te haal tot ‘n ander siening.

1.  Fokus op die probleem en nie op jou kind of die stryd nie, want as ma op die kind  fokus en hom beskuldig, byvoorbeeld: “Jy is ongehoorsaam/ stout”, verstaan hy dat hy die probleem is. Hy voel dan veronreg en jammer vir homself en nie oor sy ongewenste gedrag nie. Boonop sal die kind ervaar dat sy ouer onbillik teenoor hom is.  As sy in ‘n stryd tree met haar kind oor byvoorbeeld optel van speelgoed, kan ‘n volskaalse magstryd ontstaan sonder dat die probleem opgelos word. Dit help die ouer om minder emosioneel te reageer en gee perspektief as sy in haar gedagtes die probleem van haar kind skei en vir haarself sê dat hy nie die probleem is nie. Sy is vir hom lief en hy is pragtig en is nie ‘n slegte mens omdat hy nie die speelgoed optel nie. Die probleem is dat die speelgoed nie opgetel word nie.

read more

The Early African Christians Contribution to the Church

ekklesiaEkklesia is pleased to offer a course on ‘The Early African Christians Contribution to the Church.’

The Early African Christians’ contribution through their philosophical insights, vitality, scriptural interpretation, discipline and morality to the growth of the Christian Church has been largely overlooked. Great African scholars, theologians, mystics and apologists such as St Anthony, Origen, Tertullian, Cyprian, Cyril, Athanasius, Arnobius, Menucius Felix and Augustine (the list continues) contributed enormously through their writings in laying firm foundations for the development and spread of Christianity into Europe and from there to the rest of the world.

read more

Verder geluister: 1 Timoteus 2:1-7

Sestiende Sondag in Koninkrykstyd: 1 Timoteus 2:1-7

God se liefde en deernis vir die mens
Die feit dat God, volgens ons Skrifgedeelte wil hê dat alle mense gered moet word, dui op sy liefde, genade en deernis vir die mens. Seker die mees uitstaande kenmerk(e) van God. Maar voordat ons verder hieroor praat, eers iets meer oor God.

Dit is nie so maklik om oor God te praat nie. Vir my, in elk geval, raak dit al moeiliker. Maar kom ek waag om iets oor God te probeer sê. Oor WIE Hy is en oor HOE Hy is.

Nou as ‘n mens oor die eienskappe van God probeer praat, sal dit altyd uiters, uiters beperk wees – eintlik kan ons nie regtig oor God praat nie. Waar kry jy die intellek, die insig, die emosie? Nooit mag jy in elk geval enkelvoudig oor Hom dink of probeer praat nie.

Volgens die Bybel ís God veelkantig. Soms lyk dit of die Bybel selfs in “kontraste” of “teenoorgestelde eienskappe” van God praat. In die Bybel ontdek ons iets van die veelsydigheid of veelkleurigheid van die Here!

read more