{ARGIEF}

Month: February 2011

Die impak van protesliedere

Protesmusiek is nie ‘n nuwe verskynsel nie. Dit kom uit die vroegste eeue. In die tagtiger- en negentigerjare jare, het Voëlvry met húl liedere protes teen apartheid aangeteken. In dieselfde tyd het die ANC protesliedere gebruik om húl woede teen wit onderdrukking uit...

read more

Die spook van McGavran loop nog sterk

As ons gemeente net kan groei sal baie van ons probleme opgelos wees – die leë banke, te min vrywilligers en veral die finansiële probleme Dit is demoraliserend. Om ʼn gemeente te bedien wat nie groei nie of krimp, breek ons moed. Die kerkraad kyk met verwagting na ons as predikante om te verduidelik waarom die gemeente nie uit sy nate bars soos die “ander” gemeentes waarvan hulle lees en hoor nie. Dit veroorsaak vir ons ʼn eksistensiële krisis. Wat is fout met my as predikant, gaan daar genoeg geld wees om my salaris te betaal, sal ek my familie kan versorg?

Hoe het hierdie situasie ontstaan, hoe het dit gekom dat ek beweeg het van ʼn jongmens wat geroep is om die evangelie te verkondig, om siele vir die koninkryk te wen tot by die huidige waar nagte wakker gelê word oor ʼn begroting wat nie klop nie en leë banke in die kerk?

Die antwoorde op hierdie vrae is nie net te vinde in my gemeente se geskiedenis of my opleiding nie, maar is deel van die teologiese winde wat sedert die begin van die vorige eeu begin waai het (ons sou ook verder kon teruggaan, maar 100 jaar is ‘n groot genoeg hap!).

read more

Verder Geluister: Psalm 131

Sondag 27 Februarie 2010 ~ Agste Sondag na Epifanie ~ Verder Geluister: Psalm 131

Seisoen van Luister PowerPoint (daar is nie enige vorige riglyne in die Leesrooster argief nie)

GOD SORG SOOS ‘N MOEDER

Psalm 131

Geen strewe jaag ek na bo my vermoë,

geen trots of hoogmoed is daar in my oë.

Sal ek die groter dinge wil oortref

en sal ek my, o Heer, teen U verhef?

‘n Kind rus in sy moeder se beskerming.

So  vind ek vrede, Heer, in u ontferming.

Wag, Israel, vertrou Hom deurentyd.

Wag op die Here tot in ewigheid. (TT Cloete, Liedboek van die kerk)

Dié  Psalmis ken sy plek; hy erken sy beperkte vermoëns; trots, hoogmoed en arrogansie pas nie in sy verstaan van geloof nie.  “The speaker has not thought too highly of himself (cf. Rom 12:3), which means he understands the proper relation to God. It is not a relationship between equals, but is one of subordination, submission, trust, which this speaker gladly accepts” (Brueggemann). En, dis belangrik om dit raak te lees, God word nie deur hom as ‘n onredelike kontrolerende vader verbeeld nie, maar as ‘n liefdevolle moeder uitgebeeld. Dit is nie vreemd nie, want God word telkemale in die Bybel met vroulike eienskappe uitgebeeld soos die Gees wat “geboorte gee” en God wat “wonde genees” en “troos”.

Anna Case-Winters reken dat die aard van God se mag beïnvloed, maar nie beheer nie. Dis interessant – op ‘n kreatiewe manier beeld sy God as moeder uit. Die verhouding van God tot die wêreld is soos ‘n swanger moeder teenoor haar ongebore kind. God is nie ‘n moederskoot nie, want God is meer as net ‘n instrument of houer vir die wêreld en meer as die wêreld. ‘n Verwagtende moeder is meer as haar skoot en inhoud daarvan – haar lewe en aktiwiteit strek verby haar lewegewende aktiwiteit. Die moeder se mag is “uniek-uitstaande” en “kwalitatief-superieur”.  Die moeder het baie meer invloed op haar kind as andersom. Die invloed van die moeder op haar kind is “allesinsluitend’ en “onoortreflik”.

In Rapport, 01/09/2007, verskyn ‘n artikel van my oor die onderwerp :

read more

Kerklike leierskap in ‘n era waar die kerk nie meer belangrik is vir mense nie

Verlede naweek het ek saam met ‘n 30tal gemeenteleiers uit die Grensgebied- Frontier Country– tyd spandeer om na te dink hoe verskil geestelike leierskap van kerkelike leierskap. Ek kontrasteer dit meer  as wat ‘n mens dit behoort te doen,  maar dit is om die onderskeid duidelik te omlyn en die gesprek daarmee te dien.

Laat ek eers die verhaal vertel: Die Saterdag oggend het ons vir ‘n wyle die veiligheid van die konferensielokaal verlaat en in die dorp gaan rondloop- twee-twee soos Lukas 10 se opdrag was- om met enige vreemdeling ‘n gesprek te voer oor wat vir hom of haar belangrik in die lewe is. Sulke opdragte skep spanning, ‘n mens kon dit aanvoel maar ons het eenvoudig dit net gaan doen. Party het met karwagte gepraat, ander met die dame agter die “till” nog een met iemand in die restaurant, nog een met iemand in die parkeer terrein, nog een met iemand in die winkel. So ‘n stuk of 50 gesprekke. Meeste mense is vriendelike ontvang en die gesprekke het maklik geloop. Die antwoorde het ‘n patroon gemaak. Familie, huwelik, my kinders, werk, vooruitgang in die lewe, God, was van die antwoorde wat gereeld na vore gekom het. Ons weet nie eintlik wat die antwoorde is wat ons moes gekry het nie maar tog was ons nie werklik verras nie. Ons kon onsself erken in die antwoorde.

read more

Omhels jouself / verloën jouself. [2]

Johan van der Merwe het op sy Facebook hierdie artikel van prof Jonker geplaas wat ons gerus uit die argiewe kan haal- Oorspreonklik is die artikel geplaas in die Kerkbode van 21 Aug 1974

Hierdie is die tweede aflewering van prof. Jonker se artikel oor selfliefde en selfhandhawing en [daarteenoor] selfverloëning. Die eerste aflewering van sy artikel het ek opgeneem in my FB Nota  Omhels jouself / verloën jouself. [1]

 

 

SELFLIEFDE EN SELFHANDHAWING – DEEL 2

PROF. WILLIE JONKER

 

Die Kerkbode, 21 Augustus 1974

 

IN ONS VORIGE artikel het ons op voetspoor van Calvyn daarop ge­wys dat die gebod om ons naaste lief te hê soos onsself nie geïnterpre­teer mag word as dat dit implisiet óók ‘n gebod tot selfliefde bevat nie. Ons het daarop gewys dat die idee van selfliefde in stryd is met die Bybelse begrip van liefde en dit on­derstreep deur te wys op die Bybelse oproep tot selfverloëning. Ons het daarop gewys dat nie die selfliefde en die selfhandhawing nie, maar die verloor van ons eie lewe om Christus ontwil die wet van die Koninkryk is. Ons het afgesluit met die Bybelse waarheid dat alleen die mens wat homself verloën en sy lewe op Jesus en die naaste rig, homself werklik kan vind.

 

Ook die Naaste

 

Ons wil op hierdie laaste punt nog ‘n bietjie nader ingaan. Die selfver­loëning wat die Bybel van ons vra, geld nie net teenoor God of teenoor Christus nie, maar óók teenoor ons naaste. Calvyn het daar verruklike dinge oor geskrywe, weer eens van­weë sy diepe insig in die Skrif. Dit is die wese van die Christelike liefde dat ‘n mens nie jou eie belang moet soek nie, maar moet omsien na die belange van die naaste. Wat dit kon­kreet beteken, het Christus nie net in sy duidelike uitsprake in die Berg­rede aan ons bekend gemaak nie, maar ook op ander plekke in die Evangelies, soos met name in die gelykenis van die Barmhartige Samari­taan (Luk. 10) en in sy ontmoeting met die Ryk Jongman (Luk. 18).

 

Sowel in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan as in die ge­sprek met die Ryk Jongman word dit duidelik dat liefde tot die naaste nie iets is wat begin waar ek eers in my selfliefde vir myself gesorg het en myself gehandhaaf het nie. Wie dit wil doen, gaan soos die priester en die Leviet “anderkant verby” as hulle ‘n verwonde mens langs die pad sien lê. Ongetwyfeld sou hulle albei goeie redes kon aan­voer waarom dit nie moontlik of verstandig vir hulle sou gewees het om aan die arme ellendeling hulp te verleen nie. Dit kon gevaarlik gewees het of dit sou hulle moontlik in ‘n hele klomp beslommernis en onaan­genaamheid kon betrek het. Feit bly egter dat hulle nie die selfver­loëning van die naasteliefde betrag het nie. Dit het die Samaritaan nou juis wél gedoen.

 

 

  Liefde tot die naaste is dit dat die Samaritaan homself en sy be­lange vergeet en homself volkome met die belange van die gewonde man langs die pad besig hou, on­geag van wat dit hom sou kos of die moontlike tydsverlies en ge­vare wat daarmee gepaard sou gaan.

 

Net so het die Ryk Jongman onge­twyfeld goeie redenasies gehad waar­om hy bedroef van Jesus moes weg­gaan. Hoe kon Jesus hom vra om sy sekuriteit prys te gee? Is rykdom dan nie ook ‘n gawe van God nie? Tog het die naasteliefde in sy geval duidelik net één ding beteken, en dit was dat hy al sy goed moes ver­koop en dit aan die armes moes gee, sonder om te vra waarvan hyself dan verder moet lewe. Hy wou dit egter nie doen nie, omdat hy sy lewe wou behou. Daarmee het hy egter juis sy lewe in die ware sin van die woord verspeel.

 

 

Jesus en die ryk jongman [Heinrich Hofmann].

 

Dieselfde liefde

 

Ook al is dit duidelik dat die Here nie van ons almal vra presies wat Hy van die Ryk Jongman gevra het nie, dan is dit nog ‘n opvallende illustrasie, net soos die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, van wat liefde tot die naaste in werklikheid beteken. Deur die ware betekenis van die liefde op hierdie wyse sig­baar te maak, het Christus maar net in die konkrete lewe van gewone mense toegepas wat die boodskap van Sy hele lewe en optrede was.

 

In en aan Christus word dit open­baar wat die ware liefde en die ware selfverloëning is. Paulus spel dit in die brief aan die Filippense in ronde terme uit dat Christus, wat in die gestalte van God was, dit geen roof geag het om aan God gelyk te wees nie, maar homself ontledig het deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word. En in die gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis (Fil. 2: 6-8).

 

 

 

Christus het Homself nie gehandhaaf nie, Hy het nie sy eie belang gesoek nie. Die merk­waardige is dat dit alles van Christus gesê word, wat tog sonder enige son­de was. Daaruit kan ons leer dat selfverloëning nie net iets is wat aan die sondige mens voorgehou word, terwyl selfliefde dan goed sou wees in die sondelose nie.

 

Dit is die wese van die Christe-

like liefde dat dit homself ter wille

van die ander ontledig en weggee.

 

 

“Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.” [Joh. 13:15]

Dit is nou juis in hierdie liefde van Hom dat Christus aan ons as ons Voorbeeld voorgehou word. Die navolging van Christus bestaan nie in allerlei dinge nie, maar in die feit dat ons van dieselfde gesindheid as Hy moet wees (Fil. 2: 5). Ook Petrus roep die gelowiges daartoe op om, Christus na te volg in Sy selfver­loënende liefde. Toe Hy uitgeskel is, het Hy nie teruggeskel nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie (1 Petr. 2: 21-24). Hierdie boodskap kom egter die duidelikste na vore in die geskiedenis van die voetwas­sing. In dié simboliese gebaar vat Christus die hele geheimenis van die vleeswording en Sy aardse omwan­deling en kruisdood saam as één magtige daad van selfontlediging, selfvernedering en diens in die rein­ste selfloosheid. Die merkwaardige is nou dat Christus juis in hierdie verband aan Sy dissipels sê: “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos ek julle liefgehad het, moet julle ook me­kaar liefhê”.   (Joh. 13: 34).

 

Ons skuld die naaste dieselfde liefde wat Jesus aan ons geskenk het. In hierdie liefde is daar geen plek vir selfliefde en selfhandhawing nie. Verre dus daarvandaan dat die selfliefde die norm of maatstaf vir ons liefde tot die naaste sou wees, stel die Bybel dit baie duidelik dat die liefde van Christus die maatstaf en norm van ons naasteliefde moet wees. Dit is duidelike taal waarby niemand wat die Skrif eerbiedig, verby kan kom nie.

 

read more

Pro Bono?

Gerrit Brand skryf op sy blog DinkNet interessant oor Bono, Vryheidsliedere en die Wit Wolf Toe die “Wit Wolf” Barend Strydom in 1988 op Strijdomplein in Pretoria wild en wakker swart mense doodgeskied het, was A.P. Treurnicht, toe leier van die regse Konserwatiewe...

read more

Christians in Egypt

Pew Forum Weekly Q: I keep hearing different estimates being cited about how many Christians there are in Egypt. What are the facts? A: The numbers are debated. Media reports, sometimes citing officials of the Coptic Orthodox Church, frequently say that Christians...

read more