{ARGIEF}

Month: May 2011

Dinsdag 31 Mei: Die simboliek agter twee kerke

Ek hou hierdie week Pinksterdienste op ʼn bitter koue Burgersdorp. Dit is vir my ʼn goeie tyd van stil word na ons sinode, maar ook ʼn tyd om ʼn dieper kykie en ervaring te hê in die wel en wee van ʼn eg Suid-Afrikaanse plattelandse dorp met ʼn ryke en tog soms ook pynlike...

read more

Hoe breek ons uit die monokulturele gemeentes

Ek was die afgelope 2 weke saam met ‘n span op ‘n Missional Safari op reis deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië en het gemeentes en bedieninge besoek wat multi of meer kultureel is. Ons wou leer by hulle om uit te vind of ons nie patrone kan optel waarmee ons ander kan bemagtig nie. Ons het meer geleer as wat ons ooit kon droom, dit het ons dieper geraak en gestempel as wat ons vooraf kon verwag.

Hier is ‘n paar van my waarnemings/stellings wat nog meer verwerk en aan geskaaf gaan word. Hoop dit sit ‘n gesprek aan die gang en rek ons verbeelding so ‘n bietjie:

read more

Woensdag 25 Mei: Belhar en die duiwel

Na ons  sinode te Goudini het ek die onderstaande navraag van `n joernalis gehad.  Sy vrae het my gehelp om my eie denke nog meer helder op een of twee punte te formuleer. Ek plaas hier sy vrae en my volledige antwoord aan hom: Braam, Ek hoop jy kon al tot verhaal kom...

read more

Verder Geluister: Hand 17:22-31

29 Mei 2011 - Sesde Sondag in Paastyd ~ Hand 17:22-31 Van kerke na kroeë; van gemeentes na gekwestes In my preekstudie van die teksdeel haal ek ‘n verhaal van Dan Clendinin uit sy essay “From Synagogues and Sanctuaries to Bars and Boardrooms; The apostle Paul at the...

read more

Ons het ver gevorder!

Ons is soms baie krities oor wat sosio-ekonomies en polities in Suid-Afrika aan die gebeur is – ek inkluis! Met die munisipale verkiesings agter die rug, het ek interessantheidshalwe gaan kyk wat tussen 20-26 Mei in die geskiedenis van ons land plaasgevind het.

20 Mei 1987: Twee bomme ontplof by die Johannesburgse Landdroskantoor. Die eerste, ‘n klein ontploffing (bedoel om ‘n “decoy” te wees) – enkele minute later volg ‘n veel kragtiger een. Die tweede ontploffing eis die lewe van 3 polisiemanne en 4 ander word beseer. Ses omstanders word ook beseer!

read more

ʼn Spiritualiteit van Tevredenheid

Die wêreld met al sy ekonomiese krisisse is die gevolg van ʼn lewensingesteldheid van onvergenoegdheid. Dit is geen geheim dat die wêreldwye krisis te wyte is aan die gierigheid van die mens nie. Tog het die  krisis baie mense weer genoop om na te dink oor hulle ...

read more

Verder Geluister: Hand 7:55-60 Vergifnis maak jou vry

22 Mei 2011 – Vyfde Sondag van Paastyd

Hand 7:55-60: Vergifnis maak van jou ‘n wenner!

Hierdie is eintlik nie ‘n lekker storie om ná die Paasgebeure te lees nie. ‘n Marteldood sou beter inpas in Lydenstyd, maar nie ná die opstanding van Jesus nie. Daarom vang die verhaal van Stefanus jou in ‘n sekere sin onkant op hierdie Sondag. Hy wat na weduwees omgesien het, wie omgegee het vir mense en behoeftiges, hy word gestenig.

‘n Bietjie onverwags … maar net só is dit ook met geweld vandag! Boosheid kom nog steeds voor, al het Christus dit oorwin. Die vraag is egter: Hoe behoort ‘n mens dit te hanteer? Wat sê en leer jy vir jou kinders hieroor?
Ons kry die antwoord by Stefanus: “Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe.” Dít is lofwaardig. Bo-menslik. Dit gaan teen die natuurlike grein van die mens in. 

read more