{ARGIEF}

Month: June 2011

Verder geluister: Sagaria 9:9-10 – Vorstelike Nederigheid

Sagaria 9:9-10

Nou die dag kuier mevrou Obama, die eerste vrou van Amerika, hier in Suid-Afrika. Sy sê toe iets soos “If you strive for greatness, surround you with people of greatness”.

My eerste reaksie was, sjoe, die Amerikaners kan darem in groot woorde met mekaar (en nou met ons ook) praat. Vir ‘n Amerikaner moet jy altyd groter, beter en ryker as iemand anders wees om te kan sê jy is ‘n sukses.

read more

Die balans van blou, rooi en groen regte

Dit was kort na ’94. Suid-Afrika se nuwe demokrasie nog groen. Ek het op ‘n plattelandse dorpie op die grens van die Groot-Karoo gewoon. Dit was die jaar, soos nou, besonder droog gewees. Ek ry op ‘n warm bloukop koggelmanderdag in die tradisioneel bruin woonbuurt van die dorpie en sien ‘n hond kort geketting aan ‘n paal. Onsteld oor die maer hond met ‘n leë ou geel enamelbak, sonder water en kos, spreek ek die antie op die stoep aan. Sy sien toe rooi en val my met ‘n skerp tong aan. “F#*! die hond, meneer, wat van my…” snou sy my toe. Haar woorde het my laat dink …

Die Grondwet is die hoogste wet van ons land. Die handves van menseregte is deel daarvan. Die doel van dié handves is om ons regte te beskerm en te bevorder. Die handves bevat die basiese menseregte wat inherent deel van alle mense is – mense word daarmee gebore, hulle hoef dit nie te verdien nie en dit is kleurloos. Dit is soos die genade van die Here wat almal insluit. Die antie met die hond aan die ketting het ook dié regte. Dit is universeel. Meer nog, die Suid-Afrikaanse handves van menseregte is die mees progressiewe in die wêreld. Dit vorm die hoeksteen van ons demokrasie.

read more

Jesus wys die onreg uit

Lukas 19:45-48

Hoekom is Jesus dan so kwaad?

Elke mens het tog af dae en mense raak kwaad. Maar ‘n mens skrik om Jesus kwaad te sien. Die evangeliste Matteus en Markus beskryf Jesus se optrede nog in meer detail. Hy is woedend. Hy gooi tafels en stoele om. Hy verjaag mense selfs met ‘n sweep. Dis so vreemd om Jesus wat soveel deernis het en so sag voorkom so hard te sien optree. Het Jesus ‘n af dag gehad? Was Hy moeg en geïrriteerd dat Hy so optree, mag jy dalk wonder? Of kan dit wees dat Jesus nie van enige besigheid by die Tempel hou nie?; dat Hy vandag beswaar teen kerkbasaars sou aanteken. Nee, dit was oor iets anders gewees.
read more

Sondag 19 Junie: Korrupsie

Korrupsie is net n meer gesofistikeerde woord vir "steel". Dit is steel op n groot skaal. Dit is steel by die mense van die land. En wanneer dit aangaan en aangaan, dan kan die land en sy mense nie anders as om baie baie arm te word nie! Elke aktivis wat roep om...

read more

Communitas.co.za in English

We have embark on a process of making our content available in English.  At present it is only a number of the main articles and relevant news from Communitas, as well as some of our conferences and courses that will be mainly in English

read more

Multi-kulturele ervarings uit Lusaka

Ek het die voorreg — en dit is ‘n enorme voorreg wat ek menslik gesproke vir niks wil verruil nie — om in my laaste amptelike skof in die NG Kerk in ‘n multikulturele gemeente van die Here in Lusaka, Zambië diensbaar te wees. Na 5 jaar in die gemeente begin die volgende dinge vir my effens duideliker word:
  • Dit is net die Drie-enige God aan wie ons persoonlik mag behoort, dws met wie ons in ‘n persoonlike verhouding mag saamleef, Wie ons multikultureel kan herskep en multikultureel kan hou. Dis slegs in verhouding met Hom wat as Vader, Seun en Heilige Gees in ‘n eenheidsverhouding met Mekaar leef, en ons met Hom, dat ons die eenheid van ons geloof oor grense heen kan leef en vier. As ons nie ons gemeente-identiteit as ‘Trinitarians’ in die Heilige Doop [in die Naam van die Vader die Seun en die Heilige Gees] gesertifiseer ervaar en leef nie, sal mono-kulturele gemeentes altyd vir ons die lekkerste en mees eenvoudige moontlikheid van gemeente-wees skyn te wees.
read more