Terwyl dr Allan Boesak met ons Morele Oriëntering Studiegroep praat oor sy werk by die Instituut vir Ras, Versoening en Geregtigheid (UV) asook oor sekere brandende kwessies in Suid-Afrika waaraan ons dringend aandag sal moet gee, dwaal my gedagtes na ‘n ander gesprek wat ons so ‘n jaar of twee gelede gehad het.

Ons het mekaar onverwags raakgeloop en aan die gesels geraak oor hoe ons die Bybel behoort te lees. Hy het begin vertel hoe die Bybel eintlik geskryf is vanuit die oogpunt van die magtiges. ‘n “Royal theology” ter regverdiging van die optrede van diegene met mag. So hier en daar, soos byvoorbeeld by die profete, word ander geluide gehoor, maar die een sterk lyn in die Bybel kom van die maghebber.

read more