{ARGIEF}

Month: September 2011

HOE GEMAAK AS MY KIND “GEBOELIE” WORD OF SELF ’n “BOELIE” IS?

Afknouery so oud is as die mens se geskiedenis, maar verskeie navorsers bevind dat dit aan die toeneem is. Kuber afknouery dra tot die toename by, maar ‘n samelewing wat vinniger verander as ooit tevore en ouers wat rondtas omdat die ouerskapmodel wat hulle van hulle ouers geërf het nie meer in die nuwe omstandighede doeltreffend is nie, speel ook ‘n beduidende rol.

Wat afknouery betref kan jou kind die slagoffer wees, of – skokkend soos dit mag wees – die een wat afknou. Die geheim in beide gevalle is om kinders te help om gesonde verhoudings aan te knoop.

read more

Verder Geluister: Eksodus 20

2 Oktober 2011~ Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd ~ Verder geluister: Eksodus 20 Die stuk wat Gerrit Engelbrecht in die Preekstudies oor ons teks uitgewerk het, is regtig baie goed en bruikbaar.  Hy gee `n oorvloed van stof en insigte, sy oordeel is goed en sy...

read more

Verder geluister: Mat 28:1-10 – Opstanding – een van die grootste dekonstruksies ooit

Al hoe meer post-moderne mense tree weg van strukture en modernistiese kerktaal. Alhoewel struktuur nut het, belê sulke mense gewoon nie meer geld en tyd daarin nie. Hulle strewe om die wonder van die verrassende, die vrye paaie van die Gees te beleef. Kerkwees is vir hulle véél meer as ‘n lidmaat-bewys en kerkorde. Hulle “commit” hulself nie met papier nie, maar met ‘n lewenstyl; nie via kommissies nie, maar elke lewensfaset is ‘n bedieningsgeleentheid. Die institusionele kerk het vir hulle benoud geword. Hulle is oortuig dat strukture ontwerp is vir ‘n tyd wat nie meer bestaan nie!

Sulke mense wil op verbeeldingryke wyse glo – op maniere wat in lyn is met post-moderne insigte, waarnemings en waardes. Hulle wil in eietydse taal oor God praat.

read more

Internasionale Studente op toer

Jurie Goosen is predikant van 'n nuwe geloofsgemeenskap vir internasionale studente wat by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Hy vertel meer oor 'n toer waarop hierdie studente onlangs gegaan het. "Ons gaan hierdie naweek (16-18 September 2011) na Bonnievale...

read more

Wat is ’n “vars uitdrukking van die kerk?”

along-the-beach

’n Vars uitdrukking is ‘n alternatiewe vorm van kerk vir ons veranderende kultuur, primêr gefokus op die mense wat nog nie lede van enige kerk is nie.

Dit ontstaan deur die beginsels van luister, diens, kontekstuele sending en dissipelmaking.

Dit beskik oor die potensiaal om ‘n volwasse uitdrukking van die kerk te word wat gevorm is deur evangelie en die blywende kenmerke van kerk en vir die gemeente se kulturele konteks.

    Hoewel hierdie omskrywing ‘n mondvol is, bevat dit tog ‘n aantal belangrike punte. Neem in ag dat die inkasrnasie plaasgevind het deur God mens geword het deur Jesus en Homself in die menslike lewenswyse ingeburger het. Sodanige “inkarnasionele sending” beteken dat ons betrokke moet wees in die lewens van die mense wat ons geroep word om te dien, deur in hulle wêreld betrokke te raak.

    Vars uitdrukkings van die kerk beklemtoon vier spesifieke sake:

    read more

    Verder Geluister: Matt 3:13 – 4:2

    Matt 3:13- 4:2 Dit is my geliefde Seun.  Oor Hom verheug Ek My. Wat ‘n wonderlike oomblik! Wat ‘n heilige oomblik! God se woorde en die Gees ‘sak toe’ op Jesus en bevestig Hom as die Seun van God. In my geestesoog sien ek hoe vir ‘n oomblik (‘n 1000 jaar/vir ewig)...

    read more

    Sondag – die Opstandingsfees

    Na aanleiding van die vrae wat in die media gevra word oor wat ons op ‘n Sondag mag doen en wat nie, het ek weer ‘n artikel wat ek destyds daaroor geskryf het gaan opdiep.
    1  Waar kom die Opstandingfees vandaan?

    Die belangrikste fees wat die eerste Christene gevier het, was die opstanding. Die opstandingsfees was ʼn nuwe fees wat die identiteit van ʼn nuwe radikale geloofsgemeenskap bevestig het. Vandag noem ons dit Sondag. Dit was die enigste fees wat die vroeë Christene gevier het. Dit het natuurlik baie verskil  van die Joodse Sabbat. Die Joodse Sabbat was ʼn fees op die 7de dag, maar die Christelike opstandingsdag was ʼn nuwe fees met nuwe inhoud op die eerste dag van die week.

    read more

    Jerusalem, ‘n gemeente met ‘n missionêre leefstyl

    Wat beteken dit as Handelinge 2:47 vertel dat daar elke dag nuwe bekeerlinge by die eerste gemeente aangesluit het? Hoe het hierdie gemeente dit reggekry om te ontplof in lidmaattal, en Handelinge spog daarmee? Beteken dit dat (getalle-)groei en bekeerlinge die kerk se evangelisasiemaatstaf moet wees?

    Die storie van Jerusalemgemeente ontvou van Handelinge 2 af. Lukas vertel vir ons hoe die Pinksterdaggebeure in die strate van hierdie stad mense tot stilstand ruk om na Petrus te luister en hoe hy hulle tot bekering oproep. In Hd 2:41 kry ons die eerste indruk van die impak van die Pinkstergebeure op die mense van Jerusalem.

    read more

    Evangelisasie en kerkplanting in Handelinge

    As mens deur Handelinge lees, kom jy vinnig agter hierdie Bybelboek is vol stories van dinamiese gebeurtenisse en gemeentes. Hierdie prentjie van die eerste dekades van die Christendom is vol verrassings en praktiese stories. Mens is amper in die versoeking om te dink hier is ‘n bloudruk vir evangelisasie en kerkplanting wat vandag nog gebruik kan word. Dis dus die moeite werd om dus hierdie lees-lens op Handelinge te gebruik en te kyk wat uitkom …

    read more

    GKS vang gees saam met ons sportbedieningspan

    'n  Opwindende tyd lê voor met die Rugby Wêreldbeker wat hierdie week begin. Lees hoe jy jou gemeente kan insluit by hierdie rugbyfees en mense met Jesus se liefde bedien. Besoek http://www.nous.org.za waar jy elke week 'n  Powerpoint RWB moment kan aflaai. Dit sluit...

    read more