{ARGIEF}

Month: October 2012

Verder Geluister: Deut 6:1-9

Sondag 4 November 2013 ~  23e Sondag in die Koninkrykstyd ~ Deut 6:1-9 Hierdie skrifgedeelte is, met verwysing na Gen 3, die boom van die lewe. Wie van sy vrugte eet, sal vir ewig lewe. Om dit saam met Markus 12: 28-34 te lees soos die Preekstudie-eksegese...

read more

Verder Geluister: Jer.31:7-9

28 Oktober 2012 ~ 22ste Sondag in Koninkrykstyd ~ Jer.31:7-9 Vir ‘n volk wat in donkerte sit, omring deur swaarkry en lyding, vasgevang in wanhoop, is dit sekerlik makliker om alleen en verstoot te voel – te voel dat hulle van God se guns afgesny is en daarom...

read more

Communitas-e – 23 Oktober 2012



 

23 Oktober 2012


Hierdie is die tweede Communitase nuusbrief.  In hierdie propvol uitgawe is daar nuus oor:

1. Co-mission-ing: Worship of the Missional Church – Jannie Swart
2. Hoop vir matrieks op die Platteland – Frederick Marais
3. Mure – Video-clip
4. Kontak-kommunikasie – Gielie Loubser
5. Publikasie van eBoeke – Communitas
6. Spreuke in ePub formaat – Chris van Wyk
7. Sentrum vir die Opleiding van Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkelaars – GKS
8. Begeleidingsentrum vir predikante – Pierre Goosen
9. Wat veroorsaak Introversie? – Chris van Wyk
10. Learning Community 8 November – E-kerk

Alle bestaande Communitas.co.za intekenaars sal die nuusbrief per e-pos ontvang.  Nuwe intekenaars kan hier inteken om dit gereeld te ontvang.  

Van die Communitase span.

Like ons op Facebook om vars nuus en inligting te kry.

read more

Begeleidingsentrum vir Predikante

Roeping kry beslag

Ons het pas ons tweede Begeleidingsentrum-proses agter die rug.  Tien predikante het sovêr die proses deurloop.  Sodoende het ‘n roeping wat einde 2010 geformuleer is, beslag gekry.  Dit was ‘n proses van etlike maande waaraan vele predikante met ‘n bedryfsielkundige saamgewerk het om dit moontlik te maak. Te oordeel aan die terugvoer van die deelnemers sowel as die entoesiasme van die begeleiers, wil ons  glo dat ons met iets besig is wat vir die kerk tot groot voordeel kan wees. 

Die Sentrum vir die Begeleiding van Predikante fokus doelgerig op die geloofs-, emosionele en organisatoriese ontwikkeling van die predikant.  Predikante het nie net die roeping om hul gemeentes geestelik te lei en te versorg nie, maar is ook veranderings-agente wat mense moet help in hul verhouding met God, en om ‘n inpak op die samelewing te maak.  Die doel van die sentrum is dus om ‘n instrument te wees in die voortgaande ontwikkeling van predikante, sodat hulle hul roeping in die gemeentes of werkplek kan uitleef op ‘n wyse wat vir hulle bedienings- en lewensvreugde sal gee.

read more

Kontak kommunikasie

Een van die gebiede waar die wêreld die heel meeste vordering gemaak het die afgelope 40 jaar is die gebied van kommunikasie. Reeds van die laat 19de eeu probeer ons kommunikeer met toestelle en die ontdekking van “wireless” toestelle wat jy saam met jou kon rondry!  Nou het alles net onherroepelik verander.

Onbetaalbare selfoon oproepe en 85c smsse (snaaks dis nog steeds 85c al vir meer as 10jaar!) is later vervang met internet gebaseerde kommunikasie programme soos Mix-it en later BBM en WhatsApp and still counting … Ook die Facebook en Twitter-era help ons in kontak bly en voorsien aaneenlopende kommunikasie.  En tog… Ons weet nie meer hoe om te kommunikeer nie. Ouers vertel dat hulle nie meer weet hoe om met hulle kinders kontak te maak nie.  Hulle stuur ook nou maar ’n WhatsApp!

read more

Hoop vir matrieks op die platteland

Ek is die naweek in ‘n pragtige plattelandse dorp. Die gemeente ondersteun die 37 matrieks wat môre begin om eksamen te skryf. Gemeentelede het die matrieks aangeneem en ondersteun hulle deur die loop van die eksamen. In die konsistorie kla een van die onderwysers dat daar té veel kospakkies afgelaai word. Sy is bang die kinders gaan meer eet as wat hulle gaan leer.

Die kerkraad glimlag onderlangs skelm soos oupas wat hulle kleinkinders skelm bederf. Die onderwyseres kla verniet, weet ons almal, die kerkraad gaan hulle in die grond in bederf. “Dit maak nie saak nie,” sê ‘n boer uit die distrik, “geen mens kan leer op ‘n leë maag nie en ek het in my jare in die koshuis te veel honger gehad.”

read more

Wat veroorsaak introversie-ekstroversie?

Die debat oor introversie-ekstroversie word baie keer aan die hand van die kategorieë van Nature of Nurture gevoer. Sommige navorsers beklemtoon die oorgeërfde karakter van ons temperament wat in ons persoonlikheid herken kan word. Sommige beklemtoon die effek van die...

read more