{ARGIEF}

9de Adventverhaal van Hoop – 8 Desember 2008

Ons was ‘n groep gemeenteleiers van twee Ringe van die NG familie. Ons begin die aand deur verhale te vertel van hoe en waar ons die Here sien werk het die afgelope tyd. ‘n VG ouderling, ‘n alleen ouer, vertel dat sy die vorige week met haar weekloon soos gebruiklik kruideniersware gaan koop het vir haar kinders vir die week. Dit was Vrydag middag.

Oppad na die Taxi word sy van alles beroof – en sy weet haar familie het nie kos vir die week nie! Van oorkant die straat kom ‘n man wat alles sien gebeur het, aangestap. Hy bemoedig haar, neem haar terug winkel toe en koop vir haar die week se kos wat sy sopas verloor het.

Hy maak seker dat sy veilig tot by die Taxi kom, groet haar en  stap terug na sy motor.

Na die verhaal was daar by niemand van ons twyfel oor die teenwoordigheid van God in die strate van ons voorstad nie!