{ARGIEF}

deur Marina Rogotta
kuilsrivier-apr14Ds Janine Williams van die VGK Sarepta-gemeente het ons kom toespreek oor ons “woestynlewe”.  Sy het dit so pragtig verduidelik d.m.v. die storie van die Samaritaanse vrou, dat God ons lewende water gee al is ons in ‘n “woestyn” in ons lewe! Ons Here, sonder grense, reik uit na almal. Deur God se smeltkroes word ons gesuiwer om al meer na sy beeld gelyk te word. Deur woestynervarings maak Hy ons mooi en deur moeilike tye maak Hy dit wonderlik. Op ons mees verlate tye, was Hy daar vir ons! Almal van ons bereik so ons eindbestemming – beplan deur ons Hemelse Vader!