{ARGIEF}

Swes-1
Cecile skryf van hierdie heerlike oggend en dat dit ‘n verrykende ervaring was waar die vroue van Somerset-Wes en Strand uit die kas gedink en interessante belewenisse gehad het.
Die Geloofsreis vir vroue was ‘n nuwe ervaring en hul foto’s vertel die storie van ‘n besielende oggend waar vroue elkeen self kon hoor wat die Here vir hulle wou sê.
Oud en jonk het dit geniet en om saam te gesels en in mekaar se lief en leef gedeel.
Die dames het dit so geniet, dat ‘n opvolgsessie beslis moet volg.  Ons glo dat hulle ook reeds heerlike saam met hul nuwe geloofsvriendinne reis en God se stem hoor.