{ARGIEF}

Cooper, Stephen. Augustine for Armchair Theologians.Cooper, Stephen. Augustine
for Armchair Theologians. 
2002.  WJKB.

Hierdie volume oor Augustinus is deel van
`n reeks populêre boekies wat Westminster John Knox uitgee oor die groot teoloë
van die Christelike kerk.  Die bedoeling
is om die lesse uit die lewe, werk en denke van die teoloë toeganklik te maak
vir `n wyer gehoor.

Dit is eenvoudig geskryf en toegelig met
humoristiese sketse.

In hierdie volume het Cooper gekies om Augustinus
se lewensverhaal te vertel en dit toe te lig met lang, pragtige toepaslike
aanhalings uit die Confessiones.  Persoonlik het ek gedink dat die keuse
geslaag is – die kombinasie van die lewensverhaal met persoonlike toeligting
uit die mond van Augustinus self is besonder treffend.

`n Baie goeie inleiding vir iemand wat meer
van die gevierde kerkvader wil weet.