{ARGIEF}

Artikels

Omhels jouself / verloën jouself. [2]

Johan van der Merwe het op sy Facebook hierdie artikel van prof Jonker geplaas wat ons gerus uit die argiewe kan haal- Oorspreonklik is die artikel geplaas in die Kerkbode van 21 Aug 1974

Hierdie is die tweede aflewering van prof. Jonker se artikel oor selfliefde en selfhandhawing en [daarteenoor] selfverloëning. Die eerste aflewering van sy artikel het ek opgeneem in my FB Nota  Omhels jouself / verloën jouself. [1]

 

 

SELFLIEFDE EN SELFHANDHAWING – DEEL 2

PROF. WILLIE JONKER

 

Die Kerkbode, 21 Augustus 1974

 

IN ONS VORIGE artikel het ons op voetspoor van Calvyn daarop ge­wys dat die gebod om ons naaste lief te hê soos onsself nie geïnterpre­teer mag word as dat dit implisiet óók ‘n gebod tot selfliefde bevat nie. Ons het daarop gewys dat die idee van selfliefde in stryd is met die Bybelse begrip van liefde en dit on­derstreep deur te wys op die Bybelse oproep tot selfverloëning. Ons het daarop gewys dat nie die selfliefde en die selfhandhawing nie, maar die verloor van ons eie lewe om Christus ontwil die wet van die Koninkryk is. Ons het afgesluit met die Bybelse waarheid dat alleen die mens wat homself verloën en sy lewe op Jesus en die naaste rig, homself werklik kan vind.

 

Ook die Naaste

 

Ons wil op hierdie laaste punt nog ‘n bietjie nader ingaan. Die selfver­loëning wat die Bybel van ons vra, geld nie net teenoor God of teenoor Christus nie, maar óók teenoor ons naaste. Calvyn het daar verruklike dinge oor geskrywe, weer eens van­weë sy diepe insig in die Skrif. Dit is die wese van die Christelike liefde dat ‘n mens nie jou eie belang moet soek nie, maar moet omsien na die belange van die naaste. Wat dit kon­kreet beteken, het Christus nie net in sy duidelike uitsprake in die Berg­rede aan ons bekend gemaak nie, maar ook op ander plekke in die Evangelies, soos met name in die gelykenis van die Barmhartige Samari­taan (Luk. 10) en in sy ontmoeting met die Ryk Jongman (Luk. 18).

 

Sowel in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan as in die ge­sprek met die Ryk Jongman word dit duidelik dat liefde tot die naaste nie iets is wat begin waar ek eers in my selfliefde vir myself gesorg het en myself gehandhaaf het nie. Wie dit wil doen, gaan soos die priester en die Leviet “anderkant verby” as hulle ‘n verwonde mens langs die pad sien lê. Ongetwyfeld sou hulle albei goeie redes kon aan­voer waarom dit nie moontlik of verstandig vir hulle sou gewees het om aan die arme ellendeling hulp te verleen nie. Dit kon gevaarlik gewees het of dit sou hulle moontlik in ‘n hele klomp beslommernis en onaan­genaamheid kon betrek het. Feit bly egter dat hulle nie die selfver­loëning van die naasteliefde betrag het nie. Dit het die Samaritaan nou juis wél gedoen.

 

 

  Liefde tot die naaste is dit dat die Samaritaan homself en sy be­lange vergeet en homself volkome met die belange van die gewonde man langs die pad besig hou, on­geag van wat dit hom sou kos of die moontlike tydsverlies en ge­vare wat daarmee gepaard sou gaan.

 

Net so het die Ryk Jongman onge­twyfeld goeie redenasies gehad waar­om hy bedroef van Jesus moes weg­gaan. Hoe kon Jesus hom vra om sy sekuriteit prys te gee? Is rykdom dan nie ook ‘n gawe van God nie? Tog het die naasteliefde in sy geval duidelik net één ding beteken, en dit was dat hy al sy goed moes ver­koop en dit aan die armes moes gee, sonder om te vra waarvan hyself dan verder moet lewe. Hy wou dit egter nie doen nie, omdat hy sy lewe wou behou. Daarmee het hy egter juis sy lewe in die ware sin van die woord verspeel.

 

 

Jesus en die ryk jongman [Heinrich Hofmann].

 

Dieselfde liefde

 

Ook al is dit duidelik dat die Here nie van ons almal vra presies wat Hy van die Ryk Jongman gevra het nie, dan is dit nog ‘n opvallende illustrasie, net soos die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, van wat liefde tot die naaste in werklikheid beteken. Deur die ware betekenis van die liefde op hierdie wyse sig­baar te maak, het Christus maar net in die konkrete lewe van gewone mense toegepas wat die boodskap van Sy hele lewe en optrede was.

 

In en aan Christus word dit open­baar wat die ware liefde en die ware selfverloëning is. Paulus spel dit in die brief aan die Filippense in ronde terme uit dat Christus, wat in die gestalte van God was, dit geen roof geag het om aan God gelyk te wees nie, maar homself ontledig het deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word. En in die gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis (Fil. 2: 6-8).

 

 

 

Christus het Homself nie gehandhaaf nie, Hy het nie sy eie belang gesoek nie. Die merk­waardige is dat dit alles van Christus gesê word, wat tog sonder enige son­de was. Daaruit kan ons leer dat selfverloëning nie net iets is wat aan die sondige mens voorgehou word, terwyl selfliefde dan goed sou wees in die sondelose nie.

 

Dit is die wese van die Christe-

like liefde dat dit homself ter wille

van die ander ontledig en weggee.

 

 

“Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.” [Joh. 13:15]

Dit is nou juis in hierdie liefde van Hom dat Christus aan ons as ons Voorbeeld voorgehou word. Die navolging van Christus bestaan nie in allerlei dinge nie, maar in die feit dat ons van dieselfde gesindheid as Hy moet wees (Fil. 2: 5). Ook Petrus roep die gelowiges daartoe op om, Christus na te volg in Sy selfver­loënende liefde. Toe Hy uitgeskel is, het Hy nie teruggeskel nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie (1 Petr. 2: 21-24). Hierdie boodskap kom egter die duidelikste na vore in die geskiedenis van die voetwas­sing. In dié simboliese gebaar vat Christus die hele geheimenis van die vleeswording en Sy aardse omwan­deling en kruisdood saam as één magtige daad van selfontlediging, selfvernedering en diens in die rein­ste selfloosheid. Die merkwaardige is nou dat Christus juis in hierdie verband aan Sy dissipels sê: “‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos ek julle liefgehad het, moet julle ook me­kaar liefhê”.   (Joh. 13: 34).

 

Ons skuld die naaste dieselfde liefde wat Jesus aan ons geskenk het. In hierdie liefde is daar geen plek vir selfliefde en selfhandhawing nie. Verre dus daarvandaan dat die selfliefde die norm of maatstaf vir ons liefde tot die naaste sou wees, stel die Bybel dit baie duidelik dat die liefde van Christus die maatstaf en norm van ons naasteliefde moet wees. Dit is duidelike taal waarby niemand wat die Skrif eerbiedig, verby kan kom nie.

 

read more

Lausanne 3 indrukke

  Die agt dae by Lausanne 3 het my intens geraak. Die kort antwoord sal wees dat dit ʼn geestelike ervaring was met ʼn magdom feitelike inligting en oorstelpende emosionele indrukke. Dit is egter te maklik geantwoord. Lausanne 3 was veel meer. Dit was sonder twyfel...

read more

Die Volk se bank?

Die redaksionele artikel in Kerkbode van 15 Oktober 2010, “Absa is die NG Kerk se bank ook” verdien kommentaar omdat dit so sterk herinner aan die “verbintenis” tussen die NG Kerk en die destydse Volkskas (“hierdie ou volksinstelling” soos die redakteur dit stel) tydens die apartheidsbedeling. Kom ek verduidelik.

In 1986 het die sinode van die destydse NG Sendingkerk (vandag die Verenigende Gereformeerde Kerk) op voorstel van die Burgersdorp afgevaardiging Volkskas se traagheid betreur “om op die platteland positief mee te werk aan die aftakeling van apartheid in al sy vorms”.  Die kwessie was dat Volkskas, die bank van die NG Sendingkerk, teen lidmate gediskrimineer het deur aparte en minderwaardige ingange vir sogenaamde “anderskleuriges” te hê.

Die Burger berig op 30 September 1986 soos volg: “Ds. Chris Spies van Burgersdorp het gesê hy en sy kerkraad het sedert Mei 1984 deur al die moontlike kanale vertoë tot die bank gerig oor sy skeidingsmaatreëls. Dit het niks opgelewer nie, behalwe ‘n onuitgevoerde belofte dat alle skeidings ‘op ‘n ordelike manier’ verwyder sal word. Volkskas het deurentyd ontken dat enige diskriminasie ter sprake is. Ds. Spies het gesê…Volkskas is die Sendingkerk se bank wat oor baie jare ‘n gewaardeerde diens lewer. Die bank het egter op Burgersdorp nie aan geregtigheid voorkeur gegee bo die dreigemente van welgestelde inwoners nie.” (http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1986/09/30/11/8.html)

read more

Reformed churches, economy and ecology in the context of glocalisation

Prof Nico Koopman’s speech at URCSA Cape Synode Sept 2010

Let me offer my heartfelt thanks and appreciation to the Moderature and Order Commission for inviting colleague Dirkie and me to address synod. After discussion with the organisers I have decided to do my presentation under the heading: Reformed churches, economy and ecology in the context of glocalisation. I address the broader theme of Reformed churches, economy and ecology in the context of glocalisation within a specific theological and confessional framework, namely the framework of the confession of Belhar 1986 and the Accra Confession of 2005.

The Belhar Confession was originally drafted in 1982, and officially adopted in 1986. The challenge to members of the URCSA is to continuously confess and embody Belhar in changing times. During its origins we had to confess and embody the message of Belhar in the context of apartheid. We now have to confess and embody the redemptive truth of Belhar in the context of the building of democracy and a life of dignity and justice for all in an increasingly globalising world.

A globalising world

read more

THE BELHAR CONFESSION AND CHURCH UNITY

WESTERN CAPE SYNOD OF THE URCSA, BELHAR, 27 SEP TO 3 OCT 2010 Brothers and Sisters, a heartfelt thank-you for the kind invitation to talk about this theme on this occasion and to consider together the challenges and questions we face. A historical moment of truth We...

read more

The Contemplative Pastor – Eugene Petersen

Hoofgedagtes van die boek

‘n Predikant se taak is nie om mense se probleme op te los of hulle gelukkig te maak nie, maar om mense te help om God en God se genade in hulle lewe raak te sien. Soms is dit net om die woord “God” te sê in ‘n situasie waarin dit nog nie gesê is nie. Die predikant moet sy/haar rol voortdurend herdefinieer, anders gaan jy terugval in die definisies wat die kultuur of die gemeente daarvan gee en dan gaan jy jou eintlik roeping versaak. Jy is nie “chaplain of the culture” nie.

read more

Was David Bosch reg?

Die artikel is op 2010-03-13  in Beeld gepubliseer  Vyf-en-twing jaar gelede het die teoloog David Bosch twaalf stellings gemaak wat baie mense in die Afrikaanse kerke die harnas in gejaag het. Neels Els kyk na dié stellings in die lig van die situasie sedertdien. Die...

read more

‘n Geloofstaal wat verskil

Neels Jacson skryf vanoggend in Beeld: Ek het grootgeword in ’n kerklike tradisie waar ek geleer het “ons” is reg en “hulle” is verkeerd. “Ons” was die NG Kerk van die 1960’s en 1970’s en “hulle” was enig­iemand anders, van die Rooms-Katolieke met hul pous tot by die...

read more

Uitverkoop – In gesprek oor die verbruikerskultuur

Lux Verbi 2009 Resensent: Marius Nel Dié boek van Ernst Conradie, wat deel is van die in gesprek-reeks van Lux Verbi, is 'n uitstekende kritiese analise van die heersende verbruikerskultuur van die moderne wêreld.  In die studie beskou Conradie die verbruikerskultuur...

read more

Triniteit en Bediening

Chris van Wyk het 'n opsomming gemaak van prof Dirkie Smit se onlangse VBO kursus oor Triniteit en Bediening. Die kursus het oa aandag gegee aan die verskillende tradisies se benadering tot die triniteit, die nuwe ontwikkelinge in die verband en implikasies vir die...

read more