{ARGIEF}

Leierskap

Lesse vir effektiewe Missionale Leierskap

Die nalatenskap van Steven Covey

Onlangs het ‘n invloedryke skrywer en lewensmentor, Stephen Covey, afgesterf. Covey het internasionaal bekendheid verwerf vir sy werk op leierskapsontwikkeling, veral soos saamgesit in sy boek, “The Seven Habits of Highly Effective People.” Hierdie wydgelese boek is in 1989 gepubliseer en het meer as 25 miljoen kopieë in 38 tale verkoop.

read more

Gratis e-boek oor Leierskap

Brandon Cox is 'n Bedienaar van die Woord en kerkplanter. Tans is hy betrokke by die vestiging van Grace Hills Church in die Amerikaanse staat, Arkansas. Brandon is ook by pastors.com betrokke as redakteur van Rick Warren se Pastor's Toolbox nuusbrief. Pas het 'n boek...

read more

Karaktertrekke van Goeie Leiers

Thom Rainer deel sy insig in die aard en karakter van leierskap.

I am fascinated by the literature of leadership. Not only is there an abundance of books and articles on the subject, there are many subgroup topics that are becoming genres themselves.

read more

Vier Praktyke van Dissipelmakende Gemeentes

move boekbuitebladWillow Creek Community Church het ‘n studie, genaamd REVEAL, geloods om geloofsontwikkeling in hedendaagse kerke te help meet. Hierdie navorsing is onlangs gepubliseer in die boek, MOVE: What 1,000 Churches Reveal about Spiritual Growth. Hier volg die vier belangrikste ontdekkings wat die mees effektiewe dissipelmakende kerke gemaak het.

Teen Augustus 2007 het vyfhonderd gemeentes die REVEAL vraelys voltooi. Dit het die moontlik gemaak om daardie kerke wat sukses behaal in die koestering van geestelike volwassenheid, te identifiseer. ‘n Eenvoudige wiskundige proses is uitgevoer en die sogenaamde “top vyfpersent gemeentes” is geïdentifiseer. Hierna is ingevra in wat hierdie vyf en twintig gemeentes doen: Wat maak hulle resultate so uitsonderlik? Wat kan leiers by hulle leer?

Die inligting wat hierdie predikante en geestelike leiers gedeel het, was vitaliteitsgedrewe eerder as konsepgedrewe. Dit is boonop eenvoudig en herhaalbaar, of mens nou ‘n kerk lei met baie hulpbronne of betrokke is by een wat skaars oorleef. Saamgevat sien mens dit in die volgende vier praktyke en een oorkoepelende beginsel van leierskap.

read more

Die doop in die eerste eeue en vandag

Die feit dat daar probleme en misverstande heers rakende die doop, daar ‘n behoefte aan dieper nadenke en ook liturgiese kreatiwiteit bestaan en dat die praktyk van herdoop in kerke van gereformeerde belydenis geen opsie is nie, is nie nuus nie.

Hierdie situasie is eerder ‘n realiteit wat vele gemeentes en lidmate elke dag leef en sinvol probeer hanteer. Saam hiermee is daar ook geen eenduidige en klinkklare antwoord wat bevredigend vir alle gemeentelike situasies en lidmate sal wees nie. 

read more