{ARGIEF}

Menswaardigheid

Die Christen en kuns

‘n Refleksie op vryheid en mag

dawidspear

innocent

Ek wonder wat behoort Christene se siening van skilderye soos die kontroversiële Murray skildery van President Zuma te wees? Ek het twee ander kunswerke langs “The Spear” van Brett Murray geplaas wat onderskeidelik ‘n gewaardeerde Bybelfiguur (Dawid – Michelangelo) en ‘n gewraakte Nuwe Testamentiese moordtoneel (The Massacre of Innocents – Cornelis van Haarlem) verbeeld.

 

read more

Boksies

Die ander dag sit ek in ‘n koffiewinkel en lees. ‘n Tannie stap toe nader, kyk my so op en af en kondig luidkeels aan: Jy lyk darem regtig nie soos ‘n dominee nie. Vir ‘n oomblik was ek onseker of sy dit as ‘n kompliment of kritiek bedoel het. Wat ek wel weet van haar opmerking weet is dat dit gelaai is met stereotipes. Sy het ‘n spefieke verwagting van hoe ‘n predikant moet lyk wanneer hy by ‘n koffiewinkel sit en lees en dis duidelik dat ek nie aan haar verwagtings voldoen het.

‘n Mens noem hierdie verwagtings: stereotipes. Prentjies klink egter beter. Boksies selfs nog meer.

read more

Zuma ontken die vrug van medemenslike Christene

President Zuma se respek en waardigheid kwyn nog verder met sy onlangse uitlatings oor Christene. Hy toon geen insig in die heersende sosio-ekonomiese tydgees nie. Sy begrip vir die snel veranderende na-moderne leefwyse is beperk. Dit is waar dat die eerste kerk en later ook ander kerke in Suid-Afrika apartheid bybels regverdig het. Dié groot onreg het meeste kerke bely en is hulle pens en pootjies by die heling van ons land betrokke. Die impak wat industrialisasie, meganisasie en informasie het, word deur Zuma uit die oog verloor. Die rol van die myne destyds,die rekenaartegnologie vandag, die klimaatveranderings, droogtes, wêreldgebeure en verstedeliking het ‘n groot sosiaal-maatskaplike omwenteling veroorsaak. Christene, gemeentes, kerke se dienende aard het verreikkende en verrykende gevolge in hierdie veranderde omstandighede.

read more

‘n Mensgerigte ekonomie broodnodig vir Suid-Afrika

“Musemgo a nga langutiwi nonweni.” Tsonga-spreekwoord – (Jy kyk nie in die mond van die melkman nie.).

Suid-Afrikaners, woon in ‘n land met ‘n dominante Westerse kultuur, ons  is as ‘t ware vasgespin in vry-liberale ekonomiese drade. En dis ‘n bittere ironie. Die wonder van ons nuwe demokrasie word ondermyn deur wêreldwye ekonomiese kragte wat ook ons ekonomie tot nadeel van die massas beïnvloed.

read more

Vyf redes waarom ek dink armoede konferensies werk nie

Ek baseer my mening op grond van ‘n die BADISA-armoedekonferensie wat in Kraaifontein in 2005 gehou was en ander groepbesprekings, my dekade lange betrokkenheid by arm gemeenskappe en doktorale navorsing wat op geloof en armoede gefokus het.

1. “Die armes het julle altyd by julle” – Jesus

Tydens een van die colloquium sessies wat die Kraaifontein konferensie vooraf gegaan het, was ‘n bekende professor in ekonomie en ‘n sakeman-predikant van die sprekers. Die voorheen benadeelde predikant het aandele in ‘n wynkelder en maak die opmerking “Die armes het julle altyd by julle”. Na die vergadering ry die professor in ‘n ou-geroeste bakkie en die predikant in ‘n nuwe Duitse spogmotor. Iets is fout as daar steeds in teologiese kringe toegelaat word dat Jesus se woorde uit konteks aangehaal en misbruik word. Die welvaart en sukses geloofspore lê diep, die regstellende aksie trek skeef en die soustrein snel voort.

read more

Respek – 1ste RSG-onderhoud vir Sondag Aktueel

1. Tema: Respek  (Skriflesing:  Eks. 20:1-17 )

Vraag1. Hoe sou jy respek definieer.

Respek is een van daardie afrikaanse woorde wat ‘n mens amper nie in een sin kan verduidelik nie. Dit voel vir my ‘n mens moet amper ‘n opstel skryf net om die betekenis sowel as om die verwante karaktertrekke daaromtrent te verduidelik. En wat dit nog moeiliker maak is die feit dat die woordjie respek, nie in die bybel voor kom nie. Die Bybel gebruik ‘n klomp woorde wat verwanttrekke toon en benadruk ‘n soort lewensstyl om die inhoudelike van die woord raak op te som.

Woorde en aksies soos, eerbetoon, ontsag hê, voorrang en voorkeur gee, hoog ag en waardig ag, help verduidelik wat respek is en beteken.  Om respek te hê, sluit ook aksies in soos  – te respekteer, te luister na, nie te onderbreek wanneer iemand praat of  nie onderlangs te praat terwyl ‘n spreker op sy voete is nie, nie ander se besittings skade aan te doen, of ander leed aan te doen nie, ook nie die ander se ondergang te bewerk nie, en kan onderdanig wees of om onderdanigheid te handhaaf ook onder die aksies wat respek uitdruk, ingesluit word.

read more

Medemenslikheidswerk onder Christene

Die vrug van humane Christene In Afrika verander die Christelike godsdiens mense se harte. Dit bring geestelike transformasie. Die wedergeboorte is werklik. Ons leef in 'n wonderlike tyd. Daar is ‘n nuwe entoesiasme vir geestelike diepte in die Christelike geloof. 'n...

read more

Weldade wat inspireer en persepsies wysig

Twee goeie dade die afgelope week het sekerlik die oog getref. Een was die van die Wes-Kaapse premier, me. Hellen Zille wat R50.000 bewillig het vir die opsporing van 'n meisie wat al sewe jaar vernis is. Die ander goeie daad, was die van ene mnr. Rob Taylor, wat sy ...

read more