Ek waag vanaand! Daar is al heelwat ontleding oor die uitslag van die verkiesing gedoen. My bydrae probeer nie op die uitslag fokus nie maar op die prosesse in en rondom die verkiesing om te probeer verstaan wat in ons land aan die gang is. 1. Die persentasie kiesers...
Ons het nou ‘n 3-dag evangelie nodig
Die optog van Distrik Ses tot by Parlement in Kaapstad op Stil Saterdag was 'n baie hoopvolle dag vir almal wat vrede en geregtigheid in ons land soek. Dit is vir my betekenisvol dat die optog op stil Saterdag was. Ons glo in 'n 3dag evangelie, Goeie Vrydag-wanneer...
It is time the heroes go home
De La Rey sal nie die boere meer kan lei nie Gemeente leierskap vir vandag De La Rey, De La Rey sal jy die Boere kom lei? De La Rey, De La Rey Generaal, generaal soos een man, sal ons om jou val. Generaal De La Rey Generaal, generaal sal jy die Boere kom haal? Die...
Hoop wat ons taai maak om aan te hou
Die onderwyseres is een van die mees begaafde wiskunde onderwysers wat ek ken. Sy gee skool op die platteland. As jy naweke op hulle plaas kom, sit die huis vol kinders wat besig is met ekstra klasse, besig om vraestelle uit te werk. Sy ry dorp toe om hulle te gaan haal, bring hulle plaas toe, gee vir hulle ekstra klas, en kos, en aanmoediging, en laatmiddag neem sy hulle weer huis toe. Sy ís toegewyd. Dit is mense soos sy wat hierdie land om die draai kan vat. Haar kinders kom uit benadeelde omstandighede, maar baie van hulle kan gaan studeer in die wetenskappe omdat hulle wiskunde op standaard is danksy haar. Oppad terug vertel hulle my van hulle drome om verpleegkunde en ingeneurswese te gaan studeer.
“My span kan nie meer nie” , sê sy oor die foon. “Die department is net ingestel op beter uitslae om hulle goed te laat lyk. Die skole pas maar die punte aan om die departement tevrede te stel, maar die waarheid is dat ons met ‘n krisis op hande sit. Die kinders wat ons in die hoërskool kry, het geen basis waarop ons kan werk nie. Dit word elke jaar slegter, maar die department doen niks daaraan nie. Hulle wil net beter resultate sien. Ons span het besluit ons gaan nie ons punte aanpas nie. Ons gee die punte deur soos wat dit regtig is. Die druk op ons is nou geweldig. My span is besig om te vou”, sluit sy af.
Omgekeerde mentorskap
Omgekeeerde mentorskap kan energie ontsluit waarna baie gemeentes op soek is ... Ek het die afgelope tyd met ‘n aantal jonger predikante en studente te doen gehad. Die naweek was die eerste kamp van die Semianrium op Stellenbosch ‘n 30tal teologiese studente van die...
Is die dominee die kaptein of die afrigter?
Op die oog af klink dit nie te dronk nie, maar as jy so ‘n bietjie daaroor dink is dit nie moeilik om tot die besef te kom dat die soort denke ons nie gaan help nie. Die probleem is nie in die eerste plek die noodsaak van verantwoordbaarheid nie. Ek dink dit is noodsaaklik en dit is jammer dat soveel predikante bang is vir verantwoordbaarheid- maar hieroor later. Die probleem le meer in die “prestasie” gedagte maar eintlik in die verstaan van die rol van die Leraar, en die probleem kom van twee kante af.
Is Roeping ‘n bestemming of ‘n leefstyl?
Ek dink ekself is dalk verlei deur die populêre leierskapsdenke van die tyd wat ons aanmoedig om doelgedrewe te leef. Ek is in strategiese denke geleer dat die doel so spesifiek as moontlik moet wees en sommer nog meetbaar ook. Hoe sterker die fokus is, hoe beter is die kans dat jy daar kan uitkom- is die pragmatiese filosofie van die soort denke. ‘n Mens is eintlik verstom hoe kragtig hierdie soort denke ons tyd gevorm het- wel toegegee seker beslis die verbeelding wereld van die Boomer generasie waarvan ek deel is.
Baie gemeentes het ook min of meer so gedink-kom ons kry lekker gefokusde doelwitte en dan jaag ons dit na in ons poging om die gemeente weer ‘n bietjie lewe te gee. Min daarvan realiseer
Wat dryf my?
Ek is vandag uitgedaag om te dink oor die vraag wat my dieper motivering is- sommer kortweg- wat dryf my? Ons weet almal dat ons as predikante so dikwels gedryf word deur 'n behoefte om ander tevrede te stel met die gepaardgaande messias-kompleks. Hoewel dit op die...
Wat maak ons blind, doof en doods?
Hy baseer sy bydrae op die werk van Otto Schrarmer The U Theory wat ek ook onlangs begin lees het. Ek vind dit eenvoudig fasinerend. Jannie vat dit uitsteken raak tov die blinde kol- wat in die kern staan van die U Theory. Schramer sien dit as die uitdaging vir leierskap om dieper te luister as net die feitlike kennis-inhoude, maar ingeneem te word in ‘n dialoog waar ons bereid is om ons voorveronderstellings die suspendeer om gesprek te voer oor die dieper ervarings en motiverings van ons lewe- dinge waarvan ons dikwels onbewus is. Wanneer dit gebeur raak ons present-teenwoordig. ‘n Uitstekende power point van die U -Theory kan by Otto Schrmer se blog afgelaai word.
Leiers as reisgenote
Die beste is seker dat ek hierdie bydrae met ‘n persoonlike verhaal begin.
Ek was 16 jaar oud en het teen daardie tyd al vir ‘n geruime tyd ervaar dat ek geroep word vir die bediening. Daar was egter te veel twyfels en onsekerhede wat in my rondgeloop het om positief op die reoping te reageer. In daardie tyd het ons Leraar- ds Fanie Liebenberg- een Sondag oor ‘n teks gepreek en min of meer die volgende gesê:
Gemeente ek preek vanoggend oor hierdie teks, maar ek is onseker of ek die teks verstaan, eintlik weet ek, ek verstaan die teks nie heeltemal nie, maar gaan tog probeer om te vertel wat die teks met my gedoen het.
Hoekom is daar nou weer so ‘n opkoms van ‘n behoefte aan predikante wat soos “ware dominees van ouds” dinge gaan regmaak? (kodetaal vir die kerk vol preek en almal getrou besoek sodat hulle weer meelewende lidmate sal word)