Hierdie is ’n verwerking van die idees wat ontstaan het in die gesprek oor hoe Ringsvergadering mbv die Luistersiklus verryk kan word tydens ’n gesprek op 8 Junie 2009 by Communitas. Kontak gerus vir Wilhelm Burger (Wes-en Suid-Kaap verteenwoordiger van die Seisoen van Luister) wilhelmb@telkomsa.net vir verdere toeligting hieroor.

Hierdie voorstelle kan saam met die Power Point : Ringsittings 2009 van die Moderatuur (kommissieverslae) van die Wes-en Suid-Kaap gebruik word om julle Ringsitting te beplan. Die Power Point maak voorstelle oor onderwerpe wat tydens vanjaar se sitting bespreek kan word,  terwyl hierdie dokument voorstelle maak tov die inrigting van die Ringsvergadering.

Lees hierdie dokument as voorstelle en nie as voorskrifte nie!  Elke Ring se unieke situasie sal bepaal watter van die voorstelle kan werk en watter nie.

read more