{ARGIEF}

SAVGG Blog

Nuwe Cluster vir die Hoëveldstreek

Uit die Hoëveldstreek kom die goeie nuus van 'n ter stigte nuwe Vennootskapscluster! Die "voorstigtingsvergadering" vir hierdie derde Cluster in die streek vind DV plaas op Saterdag 18 April 2009 van 09h00 tot 12h30 te NG Brackendal. Die volgende Gemeentes het...

read more

Gestuurde Gemeentes in ‘n neutedop

Gestuurde gemeentes is... Gemeentes  wat hulle bediening wil  fokus op dit wat God besig is om in die wêreld te doen Daarom is hulle bewus... van hulle konteks.  Hulle weet dat Christendom- die tyd van 'n kerk met mag-aan die verdwyn is.  Hulle nie verwag dat almal...

read more

Mission in Western Culture Project Lusaka 2008

Mission in Western Culture Project (MiWCP) International Meeting

Lusaka, Zambia 2-8 Aug 2008.

Wie was daar?

Die Fakulteit Teologie van Stellenbosch is verteenwoordig deur Frederick Marais, Xolile Simon en Jurgens Hendriks. Daar was 13 persone uit Westerse lande (Noord Amerika, Brittanje, Australië, New Zeeland en Korea), 21 uit Afrika. Hoewel UP, UNISA en UV se missiologie dosente genooi is, kon hulle op die ou einde nie gaan nie en het die Afrika afvaardiging hoofsaaklik uit persone van NetACT ge-assosieerde inrigtings gekom asook ander oud-studente van die Fakulteit.

Doel en tema van die byeenkoms:

In die woorde van dr Steve Taylor:

The Allelon Mission in Western Culture Project (MWCP) toddled into its third year of life in August 2008. It was birthed on the shores of Lake Payete, Idaho, “as a global initiative to address the question of a missional engagement in Western culture from the perspective of the local church in order to understand the critical issues facing leadership development, discipleship, formation and witness in modern Western culture.” The group gathered at the invitation of Alan Roxburgh and Pat Kiefert, in light of the challenge of Newbigin to consider the West as a mission field and around the Scriptural narrative of Luke 10:1-12. The project stepped into its second year at Skamania, Portland with a focus on research methodology.

read more

TIP OVER EFFECT

Listening to personal stories of transformation on the missional
journey at our recent cluster 9 meeting, I was amazed at the depth of
the life change pastors and other task team members reported.

Until quite recently these very same people were struggling on the
road, still integrating new knowledge and experience in a Christendom
framework, envisioning de facto church-with-a-mission projects instead of a deep cultural shift towards being missional church.

Just the week before I attended the seventh cluster in another partnership, where we faced the reality of this struggle:

– how to make lists shorter;

– how not to be everything to everybody;

– how not to operate with existing “how-to” knowledge and approaches.

read more

Kultuurskok! Die binnetrede van ʼn nuwe onbekende gemeenskap

Die binnetrede van ʼn nuwe onbekende gemeenskap
Die noodsaak en uitdaging om die gemeenskappe waarheen God ons stuur opbouend binne te tree

Die wyse waarop lidmate ʼn nuwe gemeenskap binnegaan, behoort die volgende te bevorder:

  • Begrip vir en kennis oor die mense en hulle leefwêreld moet van die gemeenskap self verkry word.
  • Verhoudinge moet gevestig en vertroue moet tussen die lidmate en gemeenskap geskep word
  • Leiers moet geidentifiseer, erken, respekteer en direk deel van die getuienis en diens word
  • Projekbeplanning moet van die eerste fases saam met mense van die gemeenskap gedoen word en leierskap moet gedeel word.
  • Relevante organisatoriese prosedures , strukture en leierskap moet saam met die gemeenskap gevestig word

read more

Inleiding tot die 8 Patrone van Gestuurde Gemeentes

Gestuurde gemeentes luister na God se spesifieke roeping.  Gestuurde gemeentes ervaar en neem deel aan God se roeping en die bemagtiging deur die Heilige Gees om deel te neem aan God se sending in die wêreld. Die gemeente doen dit op so ’n manier dat beide die uitreik van die gemeente en die gemeentelike lewe ’n getuienis van Jesus Christus is.

Daar is geen maklike formule nie: “Doen dié drie dinge en julle sal ’n gestuurde gemeente wees.” Daar is nie ’n lysie van aktiwiteite wat julle kan uitvoer om sukses te behaal nie. Navorsers het egter ag “patrone” (wat ietwat oorvleuel) geïdentifiseer wat hulle in gestuurde gemeentes teëgekom het. Dié patrone word in meer detail in die boek Treasure in Clay Jars bespreek. Daar word ook gemeentelike stories vertel ter illustrasie van dié patrone.

Patrone kan herken word, selfs al is hulle nie identies nie. So kan ’n geruite patroon op materiaal byvoorbeeld verskillend lyk op verskillende tipes materiaal. Geruite materiaal kan verskillende kleure hê, selfs ’n verskeidenheid verskillende kleure. Dit kan simmetries wees – of nie. Die ruite kan klein of groot wees. Die materiaal kan lakenstof of koordferweel wees, katoen of wol. Maar die patroon kan steeds as geruit geïdentifiseer word. Dit is hoe dit werk met hierdie “patrone in gestuurde getrouheid”. Die patrone mag in verskillende vorms voorkom in kleiner en groter gemeentes, in verskillende kulturele omstandighede en in verskillende kerktradisies, maar ’n mens kan steeds die patroon identifiseer.

read more