{ARGIEF}

Seisoen van Luister

“Oor Grense”: Die tema vir 2010

Die moderamen van die Algemene Sinode het besluit dat 2010 ‘n jaar is waarin die kerk die oorsteek van grense met nuwe ywer wil aandurf.  Die poging word deur die Seisoen van Luister aangevuur, maar die hoop is dat alle kerkrade, ringe, sinodes en kommissies hieraan sal deelneem.

Watter grense is ter sprake?

Grense wat skeiding bring tussen mense en wat verhoed dat die evangelie wat in ons leef vrylik sal vloei na ons en ander. Dit sluit in emosionele grense, generasie grense, ekonomiese grense, grense van vooroordele, kutuurgrense, kerkgrense, geestelike grense ens. In elke konteks word mense tog op eiesoortige wyse begrens.

Hoe gaan die Seisoen van Luister hiermee werk?

‘n Produk is ontwikkel wat mense help om grense oor te steek. Ons het die afgelope drie jaar daaraan gewerk en dit onlangs in 30 gemeentes landswyd getoets. Terugvoer is bygewerk en die produk sal in November 2009 gereed wees vir verspreiding. Die algemene reaksie op die produk was baie positief.

read more