{ARGIEF}

Iziko is letterlik die vuurherd of vuurmaakplek (iziko) is ’n ronde vlak holte in die middel van ’n tradisionele Xhosa-hut. Dit word figuurlik gebruik om die hoofkwartier van ’n organisasie aan te dui of die sentrum van waaruit ’n aksie soos ’n opleidingsprojek of ’n onderneming van stapel gestuur word.