{ARGIEF}

brosjureBy die afgelope Moderamenvergadering het Communitas Diensgroep besluit om nie die Moderamen met gelese verslae te vermoei nie.  Twee taakspanne is gekies om hul ervaring met die Moderamen te deel. Die taakspan Vrouebegeleiding was gekies en ons het die geleentheid gehad om die vergadering deur ‘n geloofsreis-ervaring te neem.
Die volgende dag het ons die Lisensiaat studente besoek en hulle deur ‘n verkorte geloofsreis-ervaring geneem.
Dr Wilhelm Burger, voorsitter Communitas Raad, het hul ervaring soos volg saamgevat:
Dit was ‘n verrassing om by die afgelope Moderamenvergadering die verslag van die Vrouebediening te beleef. In plaas van ‘n verslag oor werksaamhede, het Mariette en Amanda ons begelei in ‘n geloofsonderskeidende reis deur te Wandel in die Woord. Die Vroue met Vlerke-geloofsreis het manne en vroue, na ‘n lang dag gehelp om rustig te raak in die Woord en in hulleself stil te wees. Ook ons wat lank in die bediening staan, moet weer hoor wie ons ten diepste is, waar ons skadukolle lê en wat ons roeping behels. Hierdie bediening deur vroue is ‘n duidelike skuif na ‘n fokus op ons identiteit in Christus en na ‘n dieper kennis van onsself. Dit begelei jou om God se wil vir jou lewe fyner te onderskei.
Mag ek maar erken: van Communitas se kant was ons bly en trots op ons vroue kollegas! Mag hierdie geloofsreis duisende vroue toerus om met groter vreugde en meer vertroue hulle vlerke te sprei … En mag strome van seën hulle laat sweef!
Besoek gerus ons webwerf by www.vroueweskaap.co.za vir ons volledige brosjure.