{ARGIEF}

Hoe beskryf jy menslike deelname aan ‘n Goddelike proses? So voel ons na die kuier op Uniondale vanaf   6 – 8 Maart.  Die Uniondale Vrouebediening het die drie vroue van Onrusrivier genooi om die Wêreldbiddag vir vroue daar te kom aanbied. Saam het hulle stilgeword en ons Vader het ‘n totaal ander boodskap gebring. Die tema was: Spieëlbeeld! Wat sien jy as jy in die spieël kyk?
Daardie vraag is die Donderdagaand vir elke vrou gevra terwyl hulle in ‘n klein spieëltjie na hulself gekyk het. Sien jy die plooie, sproete? Of sien jy wie God jou gemaak het – uniek, Koningskind, Ligdraer.
Ons identiteit in Christus, ons nuwe goddelike DNA maak van ons totale nuwe mense met ‘n nuwe doel en nuwe lewe. Vroue kon toe weer  in die spieël kyk en raaksien wie God hulle ieder en elk in sy uniekheid gemaak het.
Daarna het ons geleer van ons outoriteit in Christus. Weet jy, vrou, dat jy Koning, Priester en Profeet is? As Koning kan jy regeer of REG EER –  die mense rondom jou reg eer, dien en lei in God se waarheid. As Priester het jy deur Christus direkte toegang tot God – ja, jy ook! As Profeet het jy die mag om lewe te spreek in iemand se lewe – jou kind, jou man, jou werkgewer, die persoon by die vulstasie.
Ons kan ons LIG laat skyn oral waar ons gaan, want die Lig kom van God, ‘n bron van lig wat nooit verdoof nie. Vroue is uitgestuur met die boodskap: Wees Lig! Wees lig daar waar God jou geplaas het op hierdie oomblik.
Aan die einde het die vroue met verskillende kleure en vorme toutjies aanmekaar gebind en een lang tou gevorm wat al die volgende dag aanmekaar gehekel was. Dit is simbool van ons elkeen se uniekheid maar ook ons eenheid in Christus – as sy Ligdraers.
Die Vrydagoggend het vroue bymekaargekom en ‘n doudag-biduur gehou vir die gemeente, gemeenskap en ons land. Saam kon hul op hul outoriteit in Christus staan en Uniondale as grondgebied vir Christus verklaar.  Saam kon ons intree vir die gemeente, skole, die polisie, hospitale, die boere en plaaswerkers en as eenheid in Christus bid vir herlewing in die hele Suid-Afrika.

alt

Antoinette het met die vroue ons Geloofsreis rondom Luk 1:27-30 gestap. Irene Woudberg uit Uniondale skryf die volgende briefie aan ons:
“Ai, ons het nie woorde om julle weereens te bedank vir die ekstra myl wat julle bereid was om met ons paartjies hier te kom stap nie. Dit gee ons ook die versekering dat ons nie hier op die platteland vergete  is nie. Die Here is definitief besig om iets vir ons hier oop te maak en nou moet ons net eers behoorlik luister en hoor hoe als inmekaar pas.          Ons voel so versterk en bemoedig en waardeer julle so baie.