{ARGIEF}

Ek stem saam met Oswald Chambers. “Dit is makliker om vir God te werk sonder ‘n visie of ‘n roeping, want dan bekommer jy jou nie oor wat Hy verwag nie.  Gesonde verstand, bedek met ‘n lagie Christelike emosie, word dan jou gids. Jy mag dalk meer voor-spoedig en suksesvol wees vanuit ‘n wêreldse oog-punt, en jy sal ook meer vrye tyd tot jou beskikking hê indien jy nooit God se roeping erken nie.  As jy egter eers een keer ‘n opdrag van God ontvang het, sal die herinnering aan wat God van jou vra, altyd daar wees om jou aan te moedig om sy wil te doen.”
Dit is waar ons taakspan op die oomblik met ons geloofsreis is. Om aan te hou deur die opdrag van God uit te voer. Ons is besig met die ontwikkeling van ‘n geloofsreis wat gefokus is op vroue. Hierdie reis word tans as deel van ons pelgrimstog aan gemeentes bekendgestel en die nodige aanpassings sal gemaak word soos die reis vorder. Dr. Nico Simpson help ons met die ontwerp en uitbeeld van hierdie reis.
Tydens die geloofsreis vra ons die volgende vyf vrae:alt
1.   Hoe is God besig om my uniekheid te bevestig?
2.   Hoe is God besig om my vry te maak om vry te wees?
3.   Hoe is God besig om my te verbind aan ander?
4.   Hoe is God besig om my volle menswees te omarm?
5.   Hoe is God besig om my oop te maak vir iets groter?
Die uitdaging is om vroue bewus te maak van God se werk in hulle lewens en hoe Hy hulle aan medereis-genote (geloofsvriendinne) verbind. Vriendinne word gevra om in drietalle saam die reis mee te maak. Om stil te word, te bid en na te dink oor wat die Gees besig is om met jou te doen.
Tydens die reis sal vroue sekere vaardighede ontwikkel en in staat gestel word om ander uit te nooi om die reis mee te maak. Ons vra voortdurend die vyf vrae om op God gefokus te bly en sy wil in ons lewens te soek. Talle gemeentes het ons reeds ingenooi en ons het ongelooflike besoeke daar gehad. Sien gerus vanaf p6 wat in plekke soos Onrus, Tulbagh, Worcester en Uniondale gebeur het.
Ek sluit af met Eva se gebed wat ontstaan het tydens ons geloofsreis se programontwikkelingsessies van die afgelope kwartaal. As jy hierdie gebed klaar gelees het, lees dit weer deur en raak bewus van watter deel van die gebed jou tref. Is daar ‘n gedagte waarop die Gees jou fokus? God nooi jou om aan te sluit by die Gees se werking in jou lewe.
ndien julle meer wil weet omtrent hierdie geloofsreis, kontak ons gerus.