{ARGIEF}

albertiniaGouritsmond – Saterdag, 7 September
Op ‘n sonskyn wintersoggend, met die klank van die see in die agtergrond, het ‘n veertigtal dames van Albertinia en Gouritsmond in Gouritsmond se pragtige kerkgebou byeengekom om te besin oor die tema Vroue met Vlerke.
Mev Annatjie du Toit het ons kom bekendstel aan hierdie geloofsreis van die Vrouelidmate van die NG Kerk.
Ons lees Eva se Gebed en Elizabeth en Maria se verhaal uit Lukas en uit die gesprekke rondom die verskillende tafels kom ons duidelik tot die besef dat: “Ek is vrou, uniek geskep is deur God en die absolute wonderwerk dat die hele wêreld gewag het vir my geboorte! Dat deur God se reis met my, ek vry is om te leef sonder skaamte of vals onderdanigheid. Dat God my mense gee om lief te hê, dat sy Gees my sterk maak, dat God my voorberei vir iets groter as myself en dat Hy my die drome van liefde en billikheid sal gee. Ons bid saam dat God ons harte en arms sal oopmaak sodat ons onsself hiervoor kan gee dat Hy nuwe lewe deur ons elkeen kan skep.”
Ek is ‘n vrou, uniek geskep deur God! ‘n Vrou met Vlerke!
Efesiërs 2:10 “God het ons gemaak wat ons nou is, In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het!”