{ARGIEF}

“I can’t change the direction of the wind, but I can adjust my sails to always reach my destination.” (Jimmy Dean)

Die wêreld verander so vinnig en soms voel ‘n mens oorweldig deur al die uitdagings wanneer jy kinders begelei. Die Kix-Konferensie “Toegerus vir die Toekoms” is ‘n ideale geleentheid vir jou en ander Kix-leiers, kategete, jeugleiers, ouers, jeugwerkers en predikante om oor die geleenthede van die toekoms na te dink. Kom luister na relevante sprekers, woon praktiese werkswinkels by, ontdek nuwe hulpbronne en netwerk met ander kinderbedieningsleiers.
Nooi jou mede-Kix-leiers en ander belangstellendes om saam te ry en skryf dadelik in vir dié geleentheid op 11 en 12 September 2018. Die inskrywingsfooi van R300 per persoon sluit al die sessies deur die hoofsprekers, ‘n aantal werksessies (met benodigdhede), koffie, tee en middagetes vir albei dae in. (Kontak gerus die kantoor vir ‘n borg as jul hulp benodig.) Inskrywings kan gedoen word deur aanlyn by https://goo.gl/forms/sDipMigRwOnZzrsj1 te registreer.
Kom span jou seile sodat jy op die winde van verandering kan vaar! Ons sien daarna uit om jou daar te verwelkom.
Onderwerpe van die hoofsprekers:

  • Hoe kan ons ons kinders toerus vir die toekoms?
  • Die binnewerking van kinders met uitdagings
  • Kinders in vandag se skolekonteks
  • Die impak van tegnologie op kinders

Kursusgangers kan elke dag twee van die volgende werkswinkels bywoon:

  • Tekentegnieke
  • Leer buikspraak met handpoppe
  • Hoe begin ons ʼn Kix-groep?
  • Kreatiewe gebed met kinders
  • Fasilitering van ʼn groepie
  • Hantering van boelie-gedrag
  • Depressie onder kinders
  • Gewoontes in die huis
  • Kinders en musiek
  • Aanbiedingstegnieke
  • Bediening in skole
  • Gebruik tegnologie in kinderbediening

JAMMER!
Die Jeugkantoor vra om verskoning vir versendingsprobleme wat met die tweede kwartaal se Kix.Koms gepaard gegaan het. Indien jy enige probleme ondervind het wat nog nie aangespreek is nie, kontak ons asseblief per e-pos by jeug@sun.ac.za of telefonies by 021 808 9050.
[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2018-3de-kwartaal”]