{ARGIEF}

Almal onthou die muntleggings wat die Kinderkrans (NG Kerk) gedoen het en die Kinderbond (VG Kerk) steeds doen ten bate van verskillende sendingaksies. Hierdie projekte het van kleintyd af vir ons bewus gemaak van die getuieniswerk wat dwarsoor die wêreld gedoen word. Sending is steeds ‘n belangrike doel van Kix en daarom het ons elke jaar ‘n uitreikprojek wat ons ondersteun.
Julle sal onthou dat die projek “Kix Koester Kinders” in 2017 die kerk se crèches in Malawi ondersteun het. Verlede jaar (2018) het Jesus vir Japandie kinders bewus gemaak van “Missie Japan”. Kix-groepe in 18 gemeentes het bygedra en daar is in totaal R55 342 ingesamel vir die kinderwerk in Japan!
Vanjaar (2019) is die projek se naam “Kix na Kenia” en dit is nog nie te laat om deel daarvan te raak nie. Daar is ‘n spesiale projekles in die eerste kwartaal van 2019 se kwartaalblad (ook op hierdie webtuiste) beskikbaar. Volg gerus die nuus hieroor op Facebook: Kix Kinderbediening.
Baie dankie vir elke bydrae, groot en klein. Dit is regtig wonderlik dat ons kinders reeds van kleins af harte ontwikkel vir die wêreldwye verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie.
Groete uit die Jeugkantoor
Ds Anriëtte de Ridder

Tweede kwartaal

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-2de-kwartaal”]

Download English material

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-2-English”]