{ARGIEF}

Ons het goeie en groot nuus om met ons Kix-familie te deel…

‘n Splinternuwe droom vir 2020

Kix is besig om te beplan aan ‘n splinternuwe hoofstuk wat in 2020 afskop. Die droom is dat ons vanaf volgende jaar intensioneel daaraan sal werk dat daar ‘n Kix-groep in elke dorp gestig word wat die breë gemeenskap dien.

Waar kom die droom vandaan?

Kix het die afgelope tyd al hoe meer begin uitbrei om die missionale been van gemeentes se kinderbedienings te raak. Met ander woorde, al hoe meer gemeentes gebruik Kix-materiaal en -groepe om ‘n HELE gemeenskap se kinders te bedien, byvoorbeeld by ‘n nasorg, skool, gemeenskapsentrum of ‘n sopkombuis. Soveel meer kinders kan só bereik word wat nie Sondae toegang tot ‘n kerk of kategese het nie.

Wat gaan verander?

Hersiening: Tans word al die ontmoetings van die afgelope sewe jaar hersien sodat die ontmoetings eenvoudiger is om aan te bied. Dit sal ook altyd aktiwiteite vir voorskoolse sowel as ouer kinders insluit. Enige persoon sal `n Kix-groep kan begin met enige getal en ouderdom kinders.
Boeke: Vanaf 2020 sal die afgelope sewe jaar se materiaal (in 28 kwartale verpak) in boekvorm beskikbaar wees. Daar sal dus nie meer `n kwartaalblad wees nie, maar gemeentes kan enige boeke in enige volgorde bestel. Dit beteken dat daar meer vryheid en opsies is om van te kies.
Vertaling: Vanaf 2020 sal alle boeke ook in Engels beskikbaar wees!
Kostes: Die boeke sal uiters bekostigbaar wees, maar alle ontmoetings sal ook gratis op die internet beskikbaar wees.
Opleiding: Daar sal nuwe opleidingsmateriaal en videogrepe wees wat Kix-leiers deurgaans toerus.
Nuus: Nuus van ons onderskeie Kix-groepe en spesiale lesse sal per e-pos uitgestuur word.
Jaarlikse projek: Die jaarlikse getuienisprojek (sendingprojek) sal voortgaan en nuus hieroor sal ook per e-pos uitgestuur word. Kix-groepe kan voortgaan om hiervoor geld in te samel.
Bid asseblief saam hiervoor!
“Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: ‘Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.’”
Matteus 19: 13-14
Groete uit die Jeugkantoor
Ds Anriëtte de Ridder

Jeugkantoor info:

e-pos: jeug@sun.ac.za
telefoon: 021 808 9050

Derde kwartaal

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-3de-kwartaal”]

Download English material

[listyofiles folder=”Dokumente/KIX_pdfs/2019-3-English”]