{ARGIEF}

Fokus: In hierdie werkswinkel sal die wêreldwye ryk geskakeerde en veranderende rituele of liturgiese landskap eerstens verken word. Daarna sal die kritiese vraag gevra word, naamlik of hierdie nuwe vieringe ʼn bedreiging is vir die erediens of dalk ʼn bron van inspirasie en hoop?

Waarmee kan die kursus help? Die ontwikkeling van ʼn krities-kreatiewe ingesteldheid mbt die teenwoordigheid van God in die liturgie binne die kerkgebou én die liturgie daarbuite.

Teikengehoor: Almal is welkom

Aanbieders: Cas Wepener is predikant in Pinelands en deeltydse dosent Liturgiek by die Universiteit van die Vrystaat asook Frederick Marais, gemeentefasiliteerder by Communitas.

Materiaal: PowerPoint-aanbieding

Aantal deelnemers: 30

Aanbiedingstyd: Wo 26 Aug 14:00–15:30