{ARGIEF}

SAKOV embleem

Alle SAKOV-lede, orreliste, predikante en “band”-leiers en belangstellendes word uitgenooi na die jaarlikse

SAKOV -konferensie 2015

Dit vind plaas op Saterdag, 1 Augustus 2015 by die NG Moedergemeente, Wellington (Kerkstraat)

Registrasie vind plaas om 7:30 en die kursus duur tot 13:00

Die jaar is SAKOV bevoorreg om vir dr. Colin Campbell, assistent-professor in orrel en universiteitsorrelis aan die Texas A&M International University, by die konferensie te verwelkom. Hy is landwyd in Suid-Afrika bekend as bekende kerkmusiekkenner.

  • Die dag skop af met ‘n baie interessante lesing oor die geskiedenis van NGK Wellington gaan aanbied. Die kerk (en dorp) is vanjaar 175 jaar oud en die bekende kerkvader, dr. Andrew Murray, het hier diep spore getrap.
  • Daarna sal Winand Grundling ‘n paar nuwe (ou) liedere virdie kursusgangers verfris en ophelder.
  • Erik Dippenaar se lesing sal handel oor die vroegste pyporrels wat in Suider-Afrika te vinde is, sowel as oor die vroegste orrelliteratuur wat hier gespeel is. Die lesing sal onder meer voorbeelde uit die laat-agtiende eeuse manuskripboeke van Meent Borcherds insluit, en kursusgangers sal die geleentheid kry om deur samesang deel te kan hê aan hierdie wonderlike kultuurskat.
  • Eon Malan en Fanus Minnaar van Church Music Centre sal ook teenwoordig wees. Eon gaan ‘n musiekboekuitstalling doen. Bring dus genoeg geld saam om jou repretorium aan te vul. Daar sal ‘n sessie wees waar hy baie van die musiek gaan demonstreer.
  • Dr. Colin Campbell se sessies gaan handel oor “Die rol van die begeleier/orrelis binne missionale erediens” en “Die ekumeniese skuiwe in die Afrikaanse (NG Kerk) en sy ervarings hiervan na die Episcopal Church USA in Laredo TX.”

Die koste verbonde aan hierdie vergadering is R150 en sluit alle verversings en kursusmateriaal in. Indien kerke ‘n groep van meer as 5 persone stuur, kan hulle die kursus bywoon teen R130 p.p.

Om in te skryf:

  1. Voltooi die inskrywingsvorm (sien skakel onder)
  2. Betaal die inskrywingsfooi (bankbesonderhede onder)
  3. Faks die voltooide vorm PLUS betaalbewys na 086 608 0135 VOOR 24 Julie 2015.
Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm:  Inskrywingsvorm SAKOV Konf 2015

SAKOV-BANKBESONDERHEDE
Rekeningnaam: Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Tjekrekeningnommer: 0290 810 574
Verwysingsnommer: WK: Voorletters en Van