{ARGIEF}

Verwonderd Luister: Deel 2

Verdere treë tot die gebruik van die Beginsels en Praktyke van
Narratiewe Terapie in Pastorale Terapie en Onderlinge Sorg

[VBO 2.2]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm hier af

Aanbieder:    Deon Bruwer
Datum:    26 – 28 Julie 2011
Plek:    Stellenbosch

Tema en doel
Die sentrale tema en doel van die tweede kursus is om die beginsels van Narratiewe Terapie verder te verduidelik, te bestudeer en in die Pastorale Terapie te integreer. Hierdie module is daarop gerig om die beginsels en praktyke van Narratiewe Terapie só vas te lê en in te oefen dat kursusgangers dit met vrymoedigheid in hulle pastorale praktyke kan toepas.

Inhoud
1.    Die basisteorie van Narratiewe Terapie

  • Terugvoer van kursusgangers en bestudering van probleembegrippe

2.    Die inoefening van praktyke van Narratiewe vraagstelling

  •  ‘n Herbesoek van Eksternalisering van probleme
  • “Landscape of action and landscape of identity questioning”
  • “Mapping”

3.     Die oor-vertel en her-skryf van verhale

  • Unieke Uitkomste
  •  “Scaffolding”

4.    Daar sal weer van “Outsider Witness work” gebruik gemaak word.

5.     Spiritualiteit, Godsbeeld en roeping teen die agtergrond van lewensverhale sal binne spesifieke kontekste bespreek word.

Uitkomste
‘n Dieper en wyer verstaan van Narratiewe Terapie wat uitloop op ‘n unieke strategie oor hoe om dit in die gemeentelike pastorale terapie en sorg, asook ander gemeenskappe, toe te pas.