{ARGIEF}

Kursusgangers ontvang ‘n domein (gemeente of persoonlik) en doelmatige webtuiste wat by Communitas gehuisves word.

  • Kursusgangers ontvang opleiding in die installasie van ‘n webtuiste, sowel op ‘n rekenaar as op die Internet.
  • Kursusgangers leer die basiese html kodes om skakels en formatering op die webtuiste te hanteer.
  • Kursugangers raak vaardig met die hantering van graphics en ander media.
  • Kursusgangers word begelei om die interaktiwiteit van die webtuiste verder te ontwikkel – Facebook en Twitter.
  • Kursusgangers raak vaardig in die volle administrasie van die webtuiste.
  • Kursusgangers leer om verdere uitbreidings te maak deur ‘n seleksie van die plugins en extensions van WordPress.
  • Kursusgangers ontwikkel ‘n dagboek-ritme vir die skryf van bydraes in ‘n kommunikasie-strategie.

Uitgebreide verdere ontwikkelingsmoontlikhede, probleemlose opdatering en maklike administrasie is primêre winspunte van hierdie kursus.
Interaksie met Communitas se webtuiste word ook gebied wat dit moontlik maak om die nuutste artikels van Communitas te plaas op die gemeente se webtuiste.  Gemeentes kan so hulle webtuiste se inhoud aanvul.  Dieselfde interaksie is moontlik met ander gemeentes se webtuistes binne die Communitas webgemeenskap.
30 gemeentes/ringe/instansies/persone is reeds deel van die Communitas webgemeenskap en het ‘n soortgelyke opleiding ondergaan. Hier is van die deelnemers se terugvoer hieroor:

  • Dit was ‘n great kursus – al die navorsing wat gedoen is, plug-ins wat beskikbaar gestel is, en die ervaring was baie waardeer.
  • Die prakties tydens die kursus het my baie gehelp.

Indien jy belangstel, kan jy die inligtingsdokument en inskrywingsvorm aflaai, en aan die hand daarvan vir die volgende kursus by Communitas in Stellenbosch 27-29 Februarie registreer. Dit bevat al die detail wat jy nodig het vir die inskrywing en voorbereiding wat nodig is vir die kursus. Daar is ruimte vir 15 gemeentes/persone by hierdie kursus.
Groete
Chris van Wyk
Webmeester Communitas