Hoe lyk die VBO-program vir die begin van die Tweede Semester? |
![]() |
Sommer vanaf die eerste week van die nuwe kwartaal is daar interessante VBO-kursusse wat by ons Communitas-kantore aangebied word. Hier is ‘n kort opsomming van elkeen – kliek om verder te lees …
20-21 Jul | Teologie en Menswaardigheid | Taakspan vir Menswaardigheid | In hierdie eendag kursus praat ons oor die Bybelse en teologiese bronne wat ons kan help om in ons gemeentes ‘n kultuur van Menswaardigheid te vestig.
**** |
27 Jul | “Celebrating our heritage – Embracing the future” | Getuienisaksie LW Navrae en inskrywings by Dawn Erasmus |
Ongelykheid in ons land is een van die reuse-olifante in ons kamer. Ons sou graag twee wesenlike vrae wou beantwoord:
|
Die Kursus in Geloofsvorming verander na Kategese vir die Volgende Generasie | Taakspan vir Kinder-, Jeug- en Familiebediening (Anriëtte de Ridder) | Hier gaan nuut gekyk word na Kategese, asook ander aspekte van Geloofsvorming. Meer inligting volg later
**** |
|
16-17 Aug | SEKS! – ʼn Christelik- Bybels-etiese raamwerk vir seksualiteit | STLAS | Hoe behoort gelowiges te dink oor seksualiteit? En wat maak ons met alles wat saamhang met seksualiteit: gender, geslagsrolle, seksuele oriëntasie, en seks self? Hoe help die Bybel ons byvoorbeeld in hierdie vrae? Kom dink en gesels saam oor hoe seksualiteit in die Bybel, deur Christelike etici, en deur die jeug uitgebeeld word.
**** |
23-25 Aug | Sertifikaat Blok 3: DIE TRINITEIT- Die Wonderlike, Vreemde God in Wie Christene Glo | Coenie Burger en Marius Nel | Module 3 van die derde groep wat vanjaar met die Sertifikaat-kursus begin het. Laat weet as jy dié een vroeër gemis het en wil inskakel.
**** |
23-25 Aug | Sertifikaat Blok 9: Gemeenskap – om koinonia en diensbaarheid in gemeentes te versterk | Willie van der Merwe | Die laaste module van die eerste groep wat in 2014 met die Sertifikaatkursus begin het
**** |
25 Aug | Bou jou eie Pizza: Kontemporêre Musiekbediening | Faani Engelbrecht en Nico Simpson in samewerking met Bybel-Media se kantoor vir kerkmusiek | Sukkel jy om ’n musiekbedieningspan op die been te bring, of een gedurende die vakansie bymekaar te kry? Of het jou gemeente glad nie ’n musiekbediening nie, en is julle aangewese op backtracks om Flam-liedere te kan sing? Kom woon hierdie 1 dag-kursus by, en kry die Brandhout Multitracks -rekenaarprogram en liedere (multitracks) wat jy self kan opstel en manipuleer volgens jou gemeente se eiesoortige behoeftes.
**** |
22-25 Aug | Retraite 1.1 – Emosioneel Gesonde Spiritualiteit | Sentrum vir Geloofsvorming | Een van die grootste uitdagings op ons geloofsreis is ons emosionele onvolwassenheid… En een van die kernaspekte van emosionele onvolwassenheid is dat ons nie in voeling is met ons self nie. Ons leef ver van onsself. Hierdie eerste retraite in die reeks fokus op: Emosioneel gesonde spiritualiteit na aanleiding van die werk van Pete Scazzero. **** |
1 Sep | Seisoen van Menswaardigheid | Taakspan vir Menswaardigheid (Elize Morkel e.a.) | Wie is die randfigure in ons gemeenskappe? Hoekom word randfigure uitgestoot, gestigmatiseer en veroordeel? Met hierdie eendag-werkswinkel kan kursusgangers verwag om ’n dieper begrip te ontwikkel oor menswaardigheid en wat dit beteken om na die beeld van God geskep te wees.
**** |
13-15 Sep | Sertifikaat Blok 6: Bediening en Geestelike Formasie | Frederick Marais | Module 6 van die groep wat in 2015 begin het met die Sertifikaatkursus; ook geleentheid vir diegene uit die 2014-groep wat hierdie een nog moet inhaal.
**** |
20 Sep | DW de Villiersgedenklesing | Communitas en die Fakulteit Teologie | Hierdie gedenklesing vind sedert 2016 elke twee jaar plaas. Vanjaar s’n is die sesde D.W. (Dawid) de Villiers Gedenklesing en meer inligting sal later op Communitas en die Fakulteit se webblaaie beskikbaar wees.
**** |
28-29 Sep | Kursus in Geloofsonderskeiding | Taakspan Gemeentebegeleiding | Is geloofsonderskeiding net iets wat jy doen as jy tussen twee opsies moet besluit, of is dit iets meer? In hierdie praktykgerigte kursus gaan ons saam kyk na maniere om die kapasiteit van geloofsvorming by gelowiges te verbreed.
**** |
Vir meer inligting, kontak Wilma