{ARGIEF}

Tieners met Roeping! 

Het jy al ooit gewonder wat ‘n gepaste manier is om tieners bloot te stel aan nood?
Het jy al nagedink oor hoe jy deur jou jeugbediening jongmense kan beïnvloed om anders te dink oor die uitdagings van ons land?
Wil jy graag tieners (of ander mense) in jou plaaslike gemeente help om holisties en geïntegreerd te dink oor hulle eie roeping?
Dan is hierdie kursus vir jou!
Tieners met Roeping! 24 – 25 Jul 2018   Anriëtte de Ridder en Gielie Loubser (* Residensiële kursus = oorslaap 24 Jul)
Hierdie kursus gaan jou help hoe om tieners …

  • Bloot te stel aan ander kulture,
  • Bloot te stel aan die nood van ons land,
  • Toe te rus om holisties en verantwoordelik daaroor te dink
  • en te begelei

om volhoubare verhoudings te bou in ʼn gemeenskap en om relevant te leef in Suid Afrika met hul gawes!
Hierdie kursus sal jou help om na te dink oor “missionale jeugbediening” deur ‘n teoretiese raamwerk te bied, met relevante blootstelling, sodat integrasie kan plaasvind. Hierdie kursus kan tuis in plaaslike gemeentes deur die deelnemers met tieners of ander gemeentelede herhaal word.

Aanbieders:
Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familie)
Gielie Loubser (PSD: Gemeentes)
Jaco Botha (PHD student wat navorsing doen oor Post-Koloniale Uitreik)
Gerhard Duvenhage en Zoleka Majola (JAM: Jabulani African Ministries)
Plek
Anathoth, Bottelary-pad
VBO punte:  20
Vir meer inligting kontak Wilma
Vir ‘n program, kliek hier:  Tieners met Roeping_Program
Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO10 Tieners met Roeping
en stuur na Wilma vóór 18 Julie