{ARGIEF}

Loop Saam –

Walking Together:

Eendag-werkswinkel

Hierdie dag word ʼn spasie geskep vir alle predikante én lidmate wat graag ʼn rol in versoening wil speel.

  • Waar ons oor grense na mekaar uitreik en vir mekaar omgee, leer ons om mekaar met liefde en respek te hanteer.
  • Dan praat ons nie óór mekaar nie, maar met mekaar.
  • Dán, glo ons, sal ons met ander oë na mekaar begin kyk en ook anders teenoor mekaar begin optree.
Ons, die lidmate van die VGK, NGK in Afrika, RCA en NGK, het ʼn verantwoordelikheid om iets hiervan binne ons samelewing te modelleer.
Hoe kan ons mekaar help in die ontwikkeling van volhoubare vriendskappe oor grense?
Dit sluit alle mense in ons breë gemeenskap in.
Kom gesels saam oor hoe ons almal saam die pad na heling kan loop – al vier kerke, as deel van die Seisoen van Menswaardigheid se strategie om die herstel van menswaardigheid in Suider-Afrika te bevorder. Dit is ʼn geleentheid om iemand van een van die susterkerke of uit die breër gemeenskap te nooi om saam met jou die dag by te woon en reeds só iets te beleef van die reis om oor grense heen na mekaar uit te reik.
Collin Goeiman van die VGK en Hannes Theron van die NGK, wat beide praktiese ervaring het van gemeentes wat die Loop Saam proses gedoen het, sal as fasiliteerders optree.
Wanneer: 22 Maart 2018
Waar: Communitas, Stellenbosch

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier:  VBO5 Loop Saam – Walking Together Eendag-werkswinkel
Vir meer inligting, of om jou voltooide inskrywingsvorm en betaalbewys te stuur, stuur ‘n epos aan Wilma

LW: Indien daar Engelssprekende kursusgangers is, sal die aanbieding in Engels wees, maar jy kan vrae en besprekings in die taal van jou keuse voer.