{ARGIEF}

Speltegnieke

in

kinderpastoraat

Aanbieder: Siegfried Louw
Datum: 2-4 April 2019
Plek: Communitas, Stellenbosch

Kategete, jeugwerkers en onderwysers wil betrokke raak by die broses in die samelewing, maar sukkel soms met die wêreld van ʼn kind.

  • Kinders geniet nie “praat-terapie” nie, want hulle abstrakte denke is nog nie daar nie (die jongeres).

Kom skryf dus in vir hierdie kursus vir eenvoudige spelterapie-tegnieke met skoolgaande kinders (tieners ingesluit)

  • Speltegnieke gee aan ons die instrument om kinders se lewensvordering te fasiliteer, indien ʼn paar basiese beginsels gevolg word.
  • Gestalt speltegnieke word gebruik om kinders te bemagtig met selfstandigheid, verantwoordelikheid en volledige menswaardigheid. Die kind bly in beheer van sy/haar eie proses.

Na die kursus

  • Sal jy weet hoe om basiese speltegnieke in berading te benut.
  • Sal jy praktiese speltegnieke vir emosionele ontlonting kan gebruik. ʼn Verskeidenheid van mediums word gedek.
  • Drie spesifieke tegnieke word meer in detail hanteer: Die “Roosboomtegniek”, “Monstertegniek” en die hantering van drome/nagmerries in pastoraat.
  • Ons verwagting is dat jy van die kursus sal wegstap met ʼn gevoel dat jy iets konkreet kan gaan doen in jou omgewing.
Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm VBO-V8-Speltegnieke in Kinderpastoraat
en stuur jou inskrywing tesame met jou betaalbewys na Wilma

 

  • Skryf GOU in, terwyl daar plek is, en voor of op 15 Maart.