Bediening aan die 18-35 jariges:‘n 2-Dag VBO Kursus |
Daar is min gemeentes wat daarop sal kan roem dat hulle ’n baie suksesvolle bediening aan die 18 – 35 jariges het. Inteendeel. Die meeste gemeentes sukkel om kinders na belydenisaflegging gekoppel te hou aan die gemeente. Eers as daar kinders is wat gedoop moet word, verskyn hulle weer op die gemeente se radar.
Wat gebeur met hulle intussen?
En hoe kan ons hulle sinvol bedien in hierdie tyd waar hulle hul vlerke van nature sprei en ander horisonne verken?
Hierdie kursus gaan
- jou blootstel aan die jongste navorsing,
- jou in gesprek bring met Jeugwerkers wat hiermee getaak is,
- leer by 2 van ons sinode se studentebedienings, en
- uitvind hoe die tegnologie ons kan help.
Ons gaan ook
- ons hand waag aan ’n paar moontlike oplossings,
- en saam dink oor nuwe moontlikhede.
- Ons gaan ook saam besluit oor die ontwikkeling van nuwe programme, platforms en prosesse.
Om in te skryf, kliek hier: VBO 2 Die Kerk se bediening aan die 18-30-jariges
Sperdatum: 19 Februarie
Twv diegene wat dalk wil invlieg hiervoor: hoe laat begin dit 25e en hoe laat maak dit klaar 26e?
Ek neem aan dis by Communitas?
Hoeveel VBO punte is dit?
Dankie!
Hi Rethie
Dit begin 10:00 (registrasie vanaf 09:30), en ons is besig om die venue te skuif na Helderberg gemeente in Somnerset-Wes, ter wille van spasie – ons kan slegs 15 persone by one eie lokale hanteer. As jy wil verblyf reël, doen dit dus in Helderberg Gemeente se omgewing.
Groete
O ja dis 2 voldae; dag 2 maak klaar so teen 15:30.