{ARGIEF}

Parow-vroue woel!alt

Wat ‘n wonderlike jaar was dit nie! As ons terugkyk, sal daar heelwat insidente wees wat nie altyd lekker of goed was nie, maar God was ons genadig en het ons elke dag deurgedra. Ons het gewonder wat kan ons met die tema “Vroue met Vlerke” moet maak. Groot was ons verbasings toe ons begin, want daar was geen einde aan die dames se entoesiasme nie.

Ons het hierdie jaar ons vlerke gesprei na kinders wat in die hospitaal is en nie hulle skolastiese opleiding kon voortsit nie. Soos almal weet, is dit ‘n groot probleem, aangesien sommige kinders vir maande gehospitaliseer word en dan is daar ‘n geweldige agterstand in die skoolwerk. Daar is ook kinders van alle ouderdomme. Skryfbehoeftes was onder andere ‘n groot tekort. Die gemeentelede het ruimskoots bygedra tot hierdie projek. Ons het verskeie skenkings ontvang en met die oorhandiging van al hierdie skryfbehoeftes tydens ons “Back to School”-aand was daar baie groot verbasing. Was dit nou nie vet pret nie!! Die dames is selfs aangemoedig om skooldrag aan te trek.

Die volgende dag is hierdie skryfbehoeftes uitgepak voor die kinders en hulle het onder toesig die voorreg gehad om dit in kaste te pak. Die ruimte was te min en haastig moes planne beraam word om die res weggepak te kry.

alt

Dit wys net wat 'n verskil ons aan mense se lewens kan maak!!

Dankie Here vir geleenthede. Help my om dit met beide hande aan te gryp en die beste daarvan te maak met my voete steeds op die grond en my oë gerig na