{ARGIEF}

tafelberg1deur Beulah Saayman
Dit is waar Tafelberg Gemeente op ‘n pragtige Satermiddag saamgekuier het. Die Hoerskool Jan van Riebeeck se rugbyveld was hierdie onge-looflike mooi kuierplek. Met braaivleisvure wat knetter in die agtergrond, was almal se monde en harte vol t.o.v. die pragtige uitsig oor die berg, die middestad en Tafelbaai. Hoe wonderlik is dit nie om so na aan een van die sewe wonders van die wêreld te woon en werk nie? Telkemale wanneer ek na die berg kyk, herinner ek myself daaraan dat die Here ons Rots is. So seker as wat Tafelberg ‘n baken in die Wes-Kaap, in SA en in die wêreld is, so seker is Jesus Christus ‘n werklikheid in hierdie wêreld. Hy hou ons vas en sy naam sal tot in ewigheid standhou. Die Here het self gesê dat Hy sy kerk op die Ewige Rots sal bou. Ons gebed is dat gemeentes van oraloor, op hierdie Rots, sal bou. Van die berg af is die uitsig op die toekoms net soveel mooier.
Aan die voet en hange van Tafelberg vergader die Here sy kerk. Saam bou ons aan Sionsberg, want in sy Woord word ons sterk.
Aan Hom al die eer Hy hou ons bymekaar. Telkemale en keer op keer word ons rondom sy Woord vergaar.
tafelber4  tafelber 2 tafelberg3