{ARGIEF}

Communitas oorweeg om ‘n Pelgrimstog na die Suidpunt van Afrika te organiseer. Die gedagte is om soos die bekende Camino de Santiago ‘n tradisie te begin waar pelgrims na die Suidpunt van ons kontinent stap. Met ‘n eerste navraag het daar heelwat positiewe reaksies na vore gekom. Is daar van Communitas se vriende wat sou belangstel om deel te neem aan ‘n eerste stap van die Worcestor omgewing deur die Overberg na die bekende ligtoring by Agulhas? Van die gemeentes op die pad het reeds aangetoon dat hulle belangstel om hulle kerke oop te maak en ons te verwelkom. Die idee is dat dit die begin kan wees van ‘n aantal roetes wat met mekaar konnekteer oppad na Agulhas. So bv is daar reeds ‘n pelgrimstog van Calvinia deur die Tankwa Karoo tot by Ceres wat gereël word deur Charl van der Merwe, boer van Calvinia. Hierdie roete sou gekonnekteer kon word met die Overberg gedeelte soos hierbo beskryf. Dan het jy die diversiteit van die afsondering van die Karoo, die vrugtestreek en berge van Ceres, die Breëriviervallei van Worcestor na Villiersdorp of Robertson en die heuwels van die Overberg tot by die Kus van Waenhuiskrans en Agulhas. Ons hoor graag van julle! Frederick Daar is iets is my wat getrek word deur die idee. [widgetkit id=103043]

Proef Camino stap 18-26 Oktober 2014

Die eerste groep van 15 stappers pak in Oktober die roete van Robertson na Agulhas aan. Ons is besig om die laaste deel van die roete te beplan  en is besig om te onderhandel met boere en oornagplekke langs die pad. Communitas sal terugvoer gee oor die vordering  van die proses om ‘n roete vir Suid Afrika gevestig te kry. Gebruik die inskryfvorm onderaan indien jy belangstel om in die toekoms die roete te stap, of as jy ons wil kontak oor moontlike slaap of eetplek op die roete. [contact-form to=’bestera@sun.ac.za’ subject=’SA Camino’][contact-field label=’Naam’ type=’name’ required=’1’/][contact-field label=’E Pos’ type=’email’ required=’1’/][contact-field label=’Boodskap’ type=’textarea’ required=’1’/][/contact-form]