{ARGIEF}

8 Jaar oud!

Communitas Logo

Twee jaar gelede skryf Frederick op Communitas se verjaarsdag die volgende:

Ons is dankbaar vir die mylpaal en vir almal wat gehelp het om ons dienste aan gemeentes en predikante uit te bou.

Baie dankie aan elke gemeente wat ons vertrou het om saam met hulle die reis te onderneem.

Ons het die voorreg om hierdie werk (vir ons is dit ‘n roeping)  te mag doen in ‘n tyd wat die kerk baie groot uitdagings het.

Ons kyk hierdie uitdagings saam met die gemeentes, predikante en gemeenteleiers saam met wie ons werk, vierkantig in die oë met hoop

en verwagting dat die Gees wat ons as gemeentes vergader,  aan ons al die gawes en bronne sal gee wat ons nodig het om in hierdie tyd getrou te

wees aan ons roeping. Ons glo dit is ‘n onvoorwaarderlike belofte van God self.

Ons mag dalk saam foute maak, maar ons gaan nie hoop verloor nie, want dit is ‘n gawe wat ons ontvang en nie besit en daarom nie kan verloor nie.

Mag ons almal in die jaar wat voorlê ons vrese oorkom en waag om deel te neem aan die deurbraak van die Koninkryk,

nie met mag nie maar in klein en groot dade van selfofferende diens.

Communitas is veel groter as die paar lede van die personeel- daar is talle kursusaanbieders, begeleiers, mentors skrywers en vriende wat saam

met ons die Communitas-familie vorm.  Aan julle almal baie dankie vir die heerlike saamwerk.

 

Nou, twee jaar later, wil ons steeds dankie sê vir almal wat van Communitas werklik ‘n familie maak – elkeen ‘n deeltjie in die groot ratwerk van die Koninkryk.
Ons het vanjaar totsiens gesê aan mense wat diep spore getrap het  in die opbou van die familie; en ons het ‘n paar nuwelinge verwelkom wat met nuwe energie met ons handevat om aan God se droom gestalte te help gee.
Dankie vir die saamwerk, saamlag, saamloop en saam droom. Dankie, dankie – vir elkeen, maar veral aan ons Hemelse pa, die Hoof van ons familie!