{ARGIEF}

Die Overberg Pelgrimstog van Hoop is ‘n inisiatief van Communitas  om die moontlikheid van ‘n pelgrimstog in die Overberg tot by Suidpunt by Agulhas te ontwikkel.

Pelgrimstog-SA250Ons eerste ekspedisie om die haalbaarheid van so ‘n droom te ondersoek vind van 18 tot 26 Oktober plaas.
Indien jy op die roete woon of werk en graag betrokke wil raak laat ons asb weet. Pelgrims is afhanklik van die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap van hulle kos, veiligheid, verblyf en geestelike ondersteuning. Ons wil graag oornagplekke(kan ook privaat huis wees) wat as herberge kan dien, gemeentes wat geestelike ondersteuning kan bied en mense wat kos kan voorsien, lys sodat ons die inligting vir voornemende groepe bekend kan stel.  Indien u belangstel om pelgrims tov een of meer van bg behoeftes te ondersteun kontak vir Adrienne Bester by 021-8083382 of  abester@sun.ac.za of Frederick Marais op die stapgroep by 0833801657 (stuur asb eerder teksboodskappe omdat ons nie altyd ontvangs sal hê op die roete nie.
Ons is bewus van ander Pelgrimstogte in Suid-Afrika soos die Tankwa Camino, tussen Ceres en Calvinia en sal in die toekoms graag met hulle wil skakel oor die moonlikheid van samewerking en die moontlike koppeling van roetes.
Ons roete vir die komende ekspedisie is soos volg:

  • 18 Okt Mcgregor na Greyton
  • 19 Okt Greyton oor Genadedal na Wolfkraal
  • 20 Okt Wolfkraal oor Dassiesfontein na Tussenbeideklaar
  • (Aan die weste kant van die Babilonstoringberge)
  • 21 Okt Tussenbeidekraal na Volmoed Rereat Sentrum(Hemel en Aarde vallei)
  • 22 Okt Volmoed via Fernkloof Hermanus strandlangs na Gansbaai
  • 23 Okt Gansbaai strandlangs na Pealy Beach
  • 24 Okt Pearly Beach strandlangs na Die Dam
  • 25 Okt Die Dam na Agulhas (Suidpunt)