{ARGIEF}

Die afgelope naweek het ek ‘n vinnige draai in Dubai, Abu Dhabi en Al Ein gemaak om daar by die Afrikaanse gemeente te preek. Daar is ongeveer 600 limate wat op verskillende plekke bymekaar kom op Vrydae en Saterdae.
Ek kon nie naders as om weer diep te dink oor die kerk en ons eie land nie. Dit help mos soms om van buite na dinge te kyk. Laat ek sommer `n slag hardop dink en reguit praat.
Dit is regtig ongelooflik om te sien wat daai ouens in die woestyn gebou het. Baie olie-geld help natuurlik.
Maar is dit letterlik die spreekwoordelike toring van Babel, op sand gebou?
Materialisme is `n reuse afgod daar.
En tog is daar dinge wat my aanspreek. Die dissipline van die samelewing. Ek dink drankmisbruik en dwelms is besig om SA te vernietig!
Die orde en netheid is opvallend. Jy voel veilig en misdaad is veel minder.
Jy dink oor jou eie geloof en ons verhouding met Islam.
Jy dink oor hoe mense besluite neem, om byvoorbeeld oorsee te gaan of nie.
Jy besef vinnig dat Dubai (soos ander bestemmings) mense onherroeplik verander. Jy word of beter of slegter. Of jy groei in die woestyn of gaan dood in die woestyn.
Jy raak intens bewus van die geestelike dimensie waarin ons leef en bid anders.
Die woestyn het natuurlik `n eie bekoring, maar jy waardeer natuurlik die wonder van SA se natuurskoon