{ARGIEF}

Ek sit tans in `n vergadering van die National Church Leaders Consultation. Dit is waarskynlik een van die mees verteenwoordigende liggame van Christen-/ kerkleierskap tans in SA.
Die kwessies wat bespreek word gryp my aan die hart:
Die toestand van ons land.
Gesondheid en gesondheidsorg.
Onderwys.
Ons verhouding met ander gelowe in die land.
En veel meer…
Net oor onderwys:
Sommige beweer SA word tans 49ste uit 52 Afrika lande gelys.
In 2008 het 10 700 000 kinders met Graad 10 begin. In 2010 het slegs 126 000 met vrystelling geslaag.
Ons praat oor die ongedissiplineerde kultuur in die onderwys.
Die effek van gebroke gesinne op die onderwys.
Die effek van dwelms en drank op die onderwys.
Die effek van die vakbonde op die onderwys.
Wat die struggle-slagspreuk “First liberation and then education” gebaar het.
Die feit dat geen kind in die land, sedert 1994, met dié kurrikulum matriek voltooi het, waarmee hy/sy begin het nie.
Daar word ook gepraat oor:
Watter rol kerke en die gebruik van kerkgeboue kan speel.
Die rol wat die openbare beskermer kan speel.
Hoe ons die moraal in die onderwys kan herstel.
Die feit dat hierdie `n geestelike stryd is wat gaan oor ons kinders.
Die vraag of ons as kerke regtig ons verantwoordelikheid nakom?
Die vraag of ons genoeg hieroor bid?