{ARGIEF}

Dis Sondagaand net na tien Het pas tuis gekom na die opening van Die Lausanne 2010 konferensie in die Kaapstad se Internasionale Konferensiesentrum. (KIKS) Wat `n belewenis! Meer as 4000 christene van regoor die hele wêreld is saamgetrek om saam te dink oor die betekenis van die Evangelie van Jesus Christus in die komplekse wêreld waarin ons leef. Meer as 100 000 mense sal dit dmv sateliet-verbindings volg. Die musiek, kore, audio-visuele uitbeelding van 2000 jaar se geskiedenis van die kerk op aarde was ongelooflik. Van môre af gaan daar besin word oor `n verskeidenheid van onderwerpe, onder andere die gesag van die Skrif, evangelisasie in `n multi-religieuse wêreld, die evangelie en die soio-maatskaplike uitdagings van ons dag en veel meer. Hierdie is waarskynlik een van die mees verteenwoordigende byeenkomste van Christene van regoor die wêreld wat nog ooit plaasgevind het. By my aan tafel sit daar byvoorbeeld ersone wat kom uit Indië, Ethiopië, Skotland die VSA en die Suidsee Eilande. My gebed is dat God die paar dae ryklik sal seën. Mag die Gees hier in Kaapstad met ons wees. Ek hoop om eleke dag `n paar van my ervaringe te deel