{ARGIEF}

Die tema vir die dag was Die Christendom, ander wêreld-godsdienste en die liefde van Christus. Die Bybelstudie was uit Ef 3.
Dit word by die dag al hoe duideliker dat hierdie konferensie die verlossing in Jesus Christus EN die strewe na geregtigheid, eenheid en versoening, die heelmaak van gebrokenheid op aarde in al sy gestaltes najaag.
Geluister na die aangerypende getuienis van `n vrou wie se man as mediese werker op 5 Augustus in Afghanistan vermoor is.
Ook na Aartsbiskop Benjamin Kwasi van Nigerië en die fisiese vervolg/aanranding van Christene wat plaasvind.
By myself gedink: Enige kerk wat deur enige ander motief as die liefde van Christus gemotiveer of gedryf word, beland een of ander tyd in groot moeilikheid. Dus wat dryf ons?
Geluister na die getuienisse van Moslem vroue wat tot bekering gekom het.
Geluiter na die bekeringsverghaal van `n soldaat in Iran wat dan vyf weke later as martelaar sterf.
Vanmiddag `n wegbreeksessie oor globalisering bygewoon. Wat is die gesigte van globalisering en wat is die implikasies vir die Christendom en ons kinders se toekoms?
Globalisering bied geleenthede en uitdagings
… en o ja daar is `n verskil tussen “Christianity” en “Churchianity”.
Ook `n sessie oor 7 globale tendense na navorsing in 19 “global south” lande gedoen is. – Hieroor later meer.
`n Sessie bygewoon oor die hantering van etniese konflik
… en vanaand: Oor die Christendom en verstedeliking:
300 jaar gelede het 3% van mense in stede gewoon. Vandag meer as 50%.
Reeds meer as 21 stede waarin daar meer as 10 miljoen mense woon.
Ons bediening is ontwerp en gerig op die platteland. Die jeug, die rykes, die armes, die wêreld woon nou in stede! Voorheen moes ons bos toe gaan om te gaan sendingwerk doen. Vandag moet ons stad toe gaan! Later meer oor Tim Keller se uitstekende aanbieding en 6 uitdagings vir die kerk in die stad.
Dink maar intussen net oor die teologiese implikasies van Gen 18 (Sodom en Gomorra) en Ninevé
Maar miskien is die oorweldigende ervaring die eenheid tussen hierdie 4000 + christene uit 198 lande. Hoekom? Omdat te midde van verskille daar een oorweldigende samebindende boodskap is. Die verlossingsboodskap van Jesus Christus. Die liefde van Christus dring ons. Dit laat my baie diep dink oor die NGK (en die VGK)