{ARGIEF}

‘n Sterk evangelikale uitleg van die teks sal tradisioneel die fokus laat val op óns aanvaarding van Christus al dan nie,  wat óns toegang gee tot die ewige lewe. Ek onthou menige bekeringspreke oor hierdie gedeelte met die uitsluitlike klem op die aanvaarding van Christus.

Ek sou kies om met ‘n ander invalshoek oor die teks te praat, nl die getuienis oor God soos vergestalt in Christus as die Lewe, ja die ewige lewe.  Christus is die lewe, wie in ‘n verhouding met Hom leef ontvang die gawe van die ewigheid.  Dit is trouens hoe die gedeelte begin, vertrou liewer op die getuienis van God as op die getuienis van mense (v9). Indien die fokus alleen val op ons aanvaarding van Christus, word die hart van die gedeelte nie aangespreek nie, nl die getuienis van God soos wat die gestalte kry in Christus- die getuienis handel oor sy Seun.

Ek lees die week êrens oor iemand wat Calvyn aanhaal, ek haal vry aan: daar waar mense tot ware insig oor God kom, gedy mense. In terme van hierdie teks, waar mense die getuienis oor God hoor, dat in Hom daar lewe is en dat die lewe duursaam is, ewig is, sal hulle dit vir hulle bevryding gee waarin hulle kan gedy. Dit maak ‘n wesenlike verskil in hoe jy nou lewe, dit is nie sommer net nog ‘n stukkie inligting nie, jy sal dit beleef soos ‘n Waarheid wat alle ander orientasies wat in stryd is hiermee, soos leuen laat lyk. Dit sal meer word vir jou as praatjies oor die weer, óf die stand van die ekonomie, óf die politiek. As jy dit verstaan sal jy graag (soos Johannes hier) vir mense wil verduidelik, dat dit ‘n insig is wat mense so transformer dat jy hulle duidelik van mekaar kan onderskei. Jy sal graag daaroor praat(lees getuig) en hierdie wete sal hoe jy nou leef daagliks bevrydend beinvloed. Dat ons selfs in ‘n tyd van versnelde sekularisasie nie skaam sal wees om in die By te getuig oor ons sekerheid in God se verbintenis aan ons nie, maar dat ons weet dat dit ewig is.

Ek dink sommer aan ‘n paar los gedagtes wat bg by my losmaak:

  • Vir God is die lewe oënskeinlik kosbaar, dit word vir ewig bewaar.
  • Verhoudings wat voortvloei uit die getuienis oor die karakter van God- is nie tydelik nie maar ewig. God se verbintenis aan ons is vir altyd.
  • Sy liefdevolle bevrydende verbintenis aan ons is duursaam, jy kan daarop vertrou met jou lewe.
  • Omdat die implikasies hiervan so bevrydend is, behoort ons hieroor tydig en ontydig te getuig.
  • Wat my terugneem na die begin van die teks- oor die betroubaarheid van die getuienis van mense en die betroubaarheid van die getuienis van God(v9) en my laat wonder oor watter getuienis die getuienis is waarop ek my lewe orienteer.

Seisoen van Luister

20 Mei 2012 – Sewende Sondag van Paastyd – 1 Johannes 5:9-13

1Johannes5_9-13In Familietyd word aangesluit by TV advertensies Got Milk? om die vraag te beantwoord: Het jy Jesus? Dit dek die tafel vir die preekriglyn wat verskillende perspektiewe op sekerhede en onsekerhede in die lewe ontleed soos wat dit aan die een kant in die wêreld van versekering, wetenskap, en politiek na vore kom, en aan die ander kant die impak wat dit het in die wêreld van geloof. Hierdie konfrontasie met verskillende oortuigings, waardes en lewenstyle beteken dat die klassieke verwoording van geloofsekerhede onder skoot kom en nuut geformuleer moet word vir ons tyd. Daarom is dit so gerustellend om te ontdek dat hierdie ervaring van sekerhede wat in gedrang kom nie vreemd is aan die Bybel en die geloofsgemeenskap deur die eeue nie. En kan ons Johannes se verwoording van die belofte van gemeenskap met God en die ewige lewe as die bron van sekerheid (“julle kan weet”) vir hierdie lewe met vreugde omhels.

1 Johannes 5:9-13.ppt 1.02 MB May 12, 2012 10:16 Download
1 Johannes 5:9-13.pptx 888.26 KB May 12, 2012 10:15 Download
1 Johannes 5:9-13.doc 122.5 KB May 12, 2012 10:14 Download